The Beach Club
- Kapasiteit: 4 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 15:00 tot 23:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: The Beach Club 302, Beach E-boulevard 1, Die Voorbaai, Mosselbaai, 6500, Wes-Kaap
- Vanaf R1 800 per nag (plek vir 4)
Beskrywing
The Beach Club is in 'n woonstelkompleks in die hawedorp Mosselbaai geleë. Die woonstel het luukse afwerkings en is naby die strand, waterpark en restaurante geleë.
Die woonstel bied slaapplek aan 4 gaste en beskik oor 2 slaapkamers, 2 badkamers en 'n oopplan-kombuis en -leefarea. Die eerste slaapkamer het 'n koningingrootte-bed en die tweede slaapkamer het 2 enkelbeddens. Die eerste badkamer het 'n stort en 'n bad en die tweede badkamer het 'n stort. 'n Bababedjie is op versoek beskikbaar.
Die kombuis is met 'n stoof, oond, yskas-vrieskas, mikrogolfoond, eetgerei en breekware toegerus. Daar is ook 'n wasmasjien, tuimeldroër en 'n toonbank met stoele. Die sitarea het 'n gemaklike sitkamerstel en 'n platskerm-TV teen die muur. Gratis WiFi word voorsien.
Die leefarea bied toegang tot 'n lieflike balkon met meubels.
Mosselbaai is 'n hawedorp aan die suidooskus van Suid-Afrika, op die skilderagtige Tuinroete. Mosselbaai is die tuiste van 'n rits aktiwiteite en is vir die lang Santos-strand, die Kaap St. Blaize-vuurtoring en 'n aantal klein museums bekend. Avontuurlustiges kan aktiwiteite soos branderplankry, abseil, sandplankry, duik, haaihokduik, valskermspring, wildritte, olifantritte, seil, voetslaan en bergfietsry geniet.
Kamer-opset
Slaapkamer
1 x Koningingrootte-bed
Slaapkamer
2 x Enkelbed / Driekwartbed
Badkamer
Stort, Bad, Toilet
Badkamer
Stort, Toilet
Dít is wat jy hier sal kry
Resensies
Ontmoet jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel
4.7/5
Sonja Geverifieer
Eiendomme 2
Resensies 29
Op LekkeSlaap 7 jaar
Ligging
- The Beach Club 302, Beach E-boulevard 1, Die Voorbaai, Mosselbaai, 6500, Wes-Kaap
- Gaste dink The Beach Club het ’n uitstekende ligging
Sien meer verblyf in Mosselbaai Tuinroete Wes-Kaap
- Kapasiteit: 4 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 15:00 tot 23:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: The Beach Club 302, Beach E-boulevard 1, Die Voorbaai, Mosselbaai, 6500, Wes-Kaap
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang