The Beach House
- Kapasiteit: 11 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Station-weg 79, Umzumbe, 4225, KwaZulu-Natal
- Vanaf R7 200 per nag (plek vir 11)
Beskrywing
The Beach House is 'n selfsorgvakansiehuis wat in Umzumbe geleë is. Dit is net 7 minute se stap vanaf die hoofstrand van Umzumbe en is ook naby verskeie winkels, restaurante, gholfbane en die rivierbootvaart.
Dié huis beskik oor 5 slaapkamers en 4 badkamers. Die hoofslaapkamer het 'n koningingrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n bad, stort, wasbak en 'n toilet. Die tweede slaapkamer het 'n dubbelbed en die derde slaapkamer het 2 enkelbeddens. Die gaste in hierdie 2 slaapkamers deel 'n badkamer met 'n stort, wasbak en 'n toilet. Die vierde slaapkamer het 'n dubbelbed en 1 enkelbed en 'n en suite-badkamer met 'n stort, wasbak en 'n toilet. Die vyfde slaapkamer het 'n stapelbed en 'n en suite-badkamer met 'n stort, wasbak en 'n toilet. Linne en handdoeke word voorsien.
Die oopplan-kombuis is met 'n yskas-vrieskas, gasstoof, oond, mikrogolfoond, basiese eetgerei, breekware, koffie- en teemaakgeriewe en 'n etenstafel met stoele toegerus. Dit lei na 'n sitarea met gemaklike rusbanke en 'n TV. 'n DStv Explora en 'n hoëspoed WiFi-versender vir LTE is beskikbaar, maar gaste moet hul eie DSTV-kaart en WiFi-simkaart saambring.
Die sitarea lei na 'n ruim onderdakterras wat 'n 180 grade-uitsig oor die see bied en buitesit- en eetplek is ook beskikbaar. Gaste kan van die buite-warmwaterstort gebruik maak na 'n dag op die strand.
Hierdie verblyf het veilige parkeerplek op die perseel en 'n volledige alarmstelsel wat aan 'n plaaslike maatskappy wat 'n gewapende reaksie bied, gekoppel is. Die verblyf het afstandbeheer-toegang en geslotekringtelevisie vir die ingangs- en uitgangpunte.
Kamer-opset
Slaapkamer
En suite
1 x Koningingrootte-bed
Stort, Bad, Toilet
Slaapkamer
En suite
1 x Enkelbed / Driekwartbed
1 x Dubbelbed
Stort, Toilet
Slaapkamer
En suite
1 x Stapelbed
Stort, Toilet
Slaapkamer
1 x Dubbelbed
Slaapkamer
2 x Enkelbed / Driekwartbed
Badkamer
Stort, Toilet
Kenmerke
Geriewe
- Braaiplek
- Kombuisgeriewe
- Geen Rook Binnenshuis
- Troeteldiere indien gereël
- Selfsorg
- Daaglikse Skoonmaakdiens
Aktiwiteite op perseel
- Voëlkyk
Aktiwiteite Naby
- Voëlkyk
- Fietsry
- Wildritte
- Wildkyk
- Bergfietsroetes
- Swem
Hier praat ons
- Engels
Parkeerplek
- Veilige Parkering
Badkamer
- Bad
- Stort
Eenheidgeriewe
- Lugversorging
- Waaier
Elektriese Toebehore
- Yskas
- Mikrogolfoond
- Oond
- Stoof
Vermaak
- Tv
Ontmoet jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel
4.9/5
Melissa Geverifieer
Eiendomme 5
Resensies 2
Op LekkeSlaap 3 jaar
Ligging
- Station-weg 79, Umzumbe, 4225, KwaZulu-Natal
Sien meer verblyf in Umzumbe Port Shepstone Suidkus KwaZulu-Natal
- Kapasiteit: 11 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Station-weg 79, Umzumbe, 4225, KwaZulu-Natal
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang