The Bird’s Nest
- Kapasiteit: 7 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Glenara Farm, Lotheni, 3256, KwaZulu-Natal
- Vanaf R3 521 per nag, vir 7 mense
Beskrywing
The Bird's Nest is 'n selfsorg-chalet wat op 'n werkende plaas in die suidelike Drakensbergreeks in KwaZulu-Natal geleë is. Ideaal vir 'n gesin wat op soek is na rustigheid, weg van die gewoel van die stadslewe.
Dié eenheid is volledig gemeubileer en beskik oor 2 slaapkamers en 1 badkamer. Die hoofkamer is onder en het 'n koninggrootte-bed terwyl die tweede slaapkamer bo nog 'n koninggrootte-bed, asook 2 enkelbeddens bevat. Daar is ook 1 enkelbed in die oopplan-leefarea en die badkamer het 'n bad, wasbak en toilet.
Alle ligte in die huis word deur batterye aangedryf, en kerse word voorsien vir bykomende beligting. Warm water word ook met gas verhit.
Die kombuis sluit die nodige geriewe in om maaltye voor te berei, soos 'n gasstoof met 'n oond; 'n ketel; 'n yskas-vrieskas; en 'n paar ingeboude kaste om breekware en eetgerei te bêre. Die sitarea beskik ook oor gemaklike rusbanke, en daar is 'n kaggel wat gebruik kan word om die koue in toom te hou. Buitelugbraaigeriewe is ook beskikbaar en troeteldiere is welkom op die perseel.
Doendinge by The Bird's Nest wat gaste kan geniet, is voetslaan, fietsry en 4x4-roetes as die toerusting saamgebring word. Die plaas is in die berge van die Drakensbergstreek geleë, en die naaste dorp is Underberg, wat sowat 45 km ver is.
Kamer-opset
Slaapkamer
1 x Koninggrootte-bed
Slaapkamer
2 x Enkelbed / Driekwartbed
1 x Koninggrootte-bed
Leefarea
1 x Enkelbed / Driekwartbed
Badkamer
Bad, Toilet
Kenmerke
Geriewe
- Braaiplek
- Kombuisgeriewe
- Geen Rook Binnenshuis
- Troeteldiere indien gereël
- Selfsorg
Hier praat ons
- Engels
Betaalopsies op Perseel
- Kontant
Badkamer
- Bad
Resensies
Ontmoet jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel
4.1/5
Merlyn Geverifieer
Eiendomme 3
Resensies 19
Op LekkeSlaap 8 jaar
Ligging
- Glenara Farm, Lotheni, 3256, KwaZulu-Natal
- Gaste dink The Bird’s Nest het ’n uitstekende ligging
Sien meer verblyf in Suidelike Drakensberge KwaZulu-Natal
- Kapasiteit: 7 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Glenara Farm, Lotheni, 3256, KwaZulu-Natal
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang