The Boat House
- Kapasiteit: 6 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Nkwazi-rylaan 53, Zinkwazi, 4480, KwaZulu-Natal
- Vanaf R3 000 per nag (plek vir 6)
Beskrywing
The Boat House is 'n oulike vakansiekothuis in Zinkwazi en dit bied direkte toegang tot die strandmeer en strand. DIe kothuis bied slaapplek aan 6 gaste.
Die kothuis beskik oor 3 slaapkamers en 2 badkamers. Die hoofslaapkamer het 'n koninggrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n bad, toilet en wasbak. Die tweede slaapkamer het 2 enkelbeddens wat geskik is vir 2 kinders en die derde slaapkamer het 'n dubbelbed. Die tweede badkamer het 'n bad en stort. Linne, handdoeke en strandhanddoeke word voorsien. Elke kamer het herlaaibare ligte, dakwaaiers, hangers en ingeboude kaste.
Op die boonste verdieping is daar 'n oopplan-sitarea, -eetkamer en -kombuis wat lei na 'n ruim balkon. Die kombuis is met 'n gasstoof, elektriese oond, mikrogolf, stoof, yskas-vrieskas, eetgerei en breekware toegerus.
Alhoewel gaste nie hulle bote vanaf die perseel kan lanseer nie, is dit moontlik om die bote voor die perseel vas te meer gedurende die dag wanneer die water van die strandmeer hoog genoeg is. Toegang tot 'n gemeenskaplike lanseerpunt is beskikbaar deur die skibootklub op die strand. Die standaard skipperreëls is van toepassing vir die gebruik van bote, waterski's of Jet Ski's. Daar is nie motorhuise op die perseel nie, maar veilige oop parkeerplek is op die perseel beskikbaar. Die perseel het ook 'n heining, hekke en laserstraalsekuriteit. Die bogenoemde word deur 'n gewapende reaksie-eenheid gemonitor.
Kamer-opset
Slaapkamer
En suite
1 x Koninggrootte-bed
Bad, Toilet
Slaapkamer
1 x Kinderbed vir 2
Slaapkamer
1 x Dubbelbed
Badkamer
Stort, Bad, Toilet
Kenmerke
Geriewe
- Swembad
- Braaiplek
- Kombuisgeriewe
- Geen Rook Binnenshuis
- Malaria-vrye streek
- Selfsorg
- Daaglikse Skoonmaakdiens
Aktiwiteite op perseel
- Visvang
- Voëlkyk
- Swem
Aktiwiteite Naby
- Perdry
- Visvang
- Voëlkyk
- Fietsry
- Swem
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
- Zoeloe
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- Agter Elektriese Hek
- Parkering Van Die Straat Af
Betaalopsies op Perseel
- Elektroniese Fondsoorplasing
Badkamer
- Bad
- Aparte toilet
- Stort
Eenheidgeriewe
- Waaier
- Kluis
Elektriese Toebehore
- Yskas
- Strykyster
- Mikrogolfoond
- Oond
- Stoof
Ontmoet jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel
4/5
Engela Geverifieer
Eiendomme 41
Resensies 5
Op LekkeSlaap 8 jaar
Ligging
- Nkwazi-rylaan 53, Zinkwazi, 4480, KwaZulu-Natal
Sien meer verblyf in Zinkwazi Beach Noordkus KwaZulu-Natal
- Kapasiteit: 6 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Nkwazi-rylaan 53, Zinkwazi, 4480, KwaZulu-Natal
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang