Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

The Boathouse

  • Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 2 persone
  • Geen kinders onder 2
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Olienhoutlaan 4, Jongensfontein, 6675, Wes-Kaap
  • Vanaf R900 per nag, vir 2 mense

Beskrywing

The Boathouse is in Jongensfontein en is 'n baie ruim ateljee-eenheid vir 2 gaste met 'n opsie van 2 kinders onder 10 wat 'n slaapbank kan deel. Die eenheid is baie rustig en sonderling met onbelemmerde asemrowende uitsig oor die see en strand. Gaste kan teen die fynbosduin af stap na die strand en die alombekende Jongensfontein swemgat.

Die oopplan-eenheid het 'n dubbelbed, 'n slaapbank en 'n privaat volledige badkamer met stort en 'n bad. Linne en handdoeke word voorsien. 'n Houtstofie haal die byt uit die winter vir heerlike romantiese kuier voor die vuur.

Die kombuis is met 'n tweeplaatstoof, Snappychef, oond, mikrogolfoond, yskas en tee- en koffiemaakgeriewe toegerus. Gaste kan hul maaltye by die etenstafel geniet. Daar is 'n TV met DStv en gratis WiFi.

Die eenheid het 'n privaat buitebraai-area. Let wel dat die eienaar op die perseel woon. Troeteldiere word ongelukkig nie toegelaat nie. The Boathouse is 'n rookvrye instansie, maar gaste kan wel buite rook.

Die verblyf het sonpanele en word nie deur beurtkrag geraak nie.

Jongensfontein bied verskeie doendinge soos swem, visvang en branderplankry. Die dorp is vol fauna en flora en besoekers mag dalk net kleinwild sien rondloop. Daar is ook verskeie veilige staproetes in die area.

Kamer-opset

Slaapplek vir 2 mense 1 Slaapkamer 1 Badkamer

Slaapkamer

4

1 x Koningingrootte-bed

1 x Kinderbank vir 2

Badkamer

Stort, Bad, Toilet

Dít is wat jy hier sal kry

Gratis, veilige parkeerplek
WiFi
TV
Volledige kombuis
DStv
Kaggel
Braai

Resensies

4.8/ 5

Gebaseer op 62 resensies

Uitstekend

Netheid
4.8
Ligging
4.8
Waarde vir geld
4.8
Diens
4.7
Veiligheid
4.9
Gaste se hoogtepunte
Issie H
Saam met lewensmaat
5.0
Beste uitsig wat jy kan kry. Baie goed toegerus. Goed geleë. Kannie vir beter wees. Beste uitsig wat jy kan kry. Baie goed toegerus. Goed geleë. Kanni...
Sien meer
Sep 2024
Theresa D
Saam met lewensmaat
5.0
Rus vir die siel. Pragtige plek met die mooiste uitsig en baie ruim. Alles wat nodig is en meer. Baie privaat. As ek iets kan voorstel vir 'n nog bete...
Sien meer
Aug 2024
Erica W
Saam met lewensmaat
5.0
Lieflike uitsig. Pragtige skoon. Lieflike bed en beddegoed. Kombuis goed toegerus. Sal enige tyd aanbeveel.
Jul 2024
Annie M
Saam met lewensmaat
5.0
Perfect place to stay in every way. We had a wonderful stay at The Boathouse. It is a very comfortable and well-equipped apartment, and...
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Jun 2024
Andries V
Gesin met klein kinders
5.0
Sal definitief weer gaan. Awesome plek met 'n fantastiese uitsig. The host is baie hulpvaardig en vriendelik en ons het sommer dadelik tuis gevoel.
Mrt 2024

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.8/5

Corne Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 62

Op LekkeSlaap 5 jaar

Ligging

  • Olienhoutlaan 4, Jongensfontein, 6675, Wes-Kaap
  • Gaste dink The Boathouse het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R 900
per nag, vir 2 mense
Vanaf
Vanaf R 900
per nag, vir 2 mense
Maak 'n Bespreking
  • Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 2 mense
  • Geen kinders onder 2
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Olienhoutlaan 4, Jongensfontein, 6675, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAc55eb1ed92d59a9aab7f47cfc5f0a9d205b3df75e43f4ad3cb5a1c2c47a4f861d969f3dfb449aa4a9140d250e4a447c21957?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R900 per nag, vir 2 mense 62 5 1 5 4 Olienhout Avenue Jongensfontein 6675 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -34.43143883782 21.326791162566

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang