Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

The Boathouse

Selfsorg
Langtermynverblyf-aanbod 15% af

Kry 15% af vir verblyf wat 5 nagte of langer is. Hierdie aanbod is altyd geldig.

  • Kapasiteit: 3 persone
  • Geen kinders onder 3
  • Inkloktyd: 14:00 tot 17:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: R501, Boskop, Potchefstroom, 2528, Noordwes
  • Vanaf R1 050 R893 per nag (plek vir 3)

Beskrywing

The Boathouse is 'n bekoorlike selfsorgkothuis langs 'n meer. Dit is sowat 10 km vanaf Potchefstroom geleë en bied 'n intieme ontvlugting vir 'n paartjie, vriende of 'n klein gesin wat verblyf in 'n rustige omgewing soek.

Dié rustieke kothuis het slaapplek vir 3 gaste en beskik oor 'n slaapkamer en 'n badkamer. Die slaapkamer het 'n dubbelbed en die badkamer het 'n stort, aparte toilet en 'n wasbak. Alle linne word voorsien.

Die oopplan-leefarea het 'n sitarea, eetarea en 'n kombuis. Die kombuis is met 'n stoof, oond, mikrogolf, yskas, eetgerei, breekware, tee- en koffiemaakgeriewe toegerus. Die eetarea het 'n etenstafel wat geskik is vir 4 gaste. Die sitarea het 'n gemaklike sitkamerstel, enkelbed en 'n koffietafel.

Die leefarea lei na 'n buite-area wat 'n asemrowende uitsig oor die meer en van die sonsondergang bied. Daar is ook 'n braai-area, asook 'n pier wat perfek vir visvang, voëlkyk of boeklees is. Verder kan gaste ook in die meer swem. Veilige parkeerplek is beskikbaar.

Kamer-opset

Slaapplek vir 3 mense 1 Slaapkamer 2 Badkamers

Slaapkamer

2

1 x Dubbelbed

Leefarea

1

1 x Enkelbed / Driekwartbed

Badkamer

Toilet

Badkamer

Stort

Kenmerke

Afrikaans
Braaiplek
Veilige Parkering

Geriewe

  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Restaurant op Perseel
  • Selfsorg

Aktiwiteite op perseel

  • Visvang
  • Baarshengel
  • Voëlkyk
  • Swem

Aktiwiteite Naby

  • Kunsvlieghengel
  • Visvang
  • Baarshengel
  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Bergfietsroetes

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels
  • Frans
  • Italiaans

Maaltye Aangebied

  • Etes Op Versoek

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Parkering Van Die Straat Af

Betaalopsies op Perseel

  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Badkamer

  • Aparte toilet
  • Stort
  • Seep
  • Toiletware

Eenheidgeriewe

  • Eetkamer
  • Elektriese kombers
  • Waaier
  • Klein kombuis
  • Sitkamer

Elektriese Toebehore

  • Yskas
  • Haardroër
  • Mikrogolfoond
  • Oond
  • Stoof

Vermaak

  • Boeke en tydskrifte

Resensies

4.6/ 5

Gebaseer op 8 resensies

Uitstekend

Netheid
4.6
Ligging
4.5
Waarde vir geld
4.0
Diens
4.9
Veiligheid
4.9
Gaste se hoogtepunte
Sarel D
Saam met lewensmaat
5.0
Lekker rustige atmosfeer. Ons het lekker gebly.
Mei 2024
Rob D
Saam met lewensmaat
5.0
We had a most enjoyable time. We had a fantastic, peaceful, and relaxing 5 days at The Boathouse. Will definitely go back.
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Apr 2024
Petrus C
Saam met lewensmaat
5.0
Lekker ontspanne kuierplek. Lekker gerus, dankie.
Nov 2023
Kerry F
Saam met lewensmaat
4.6
Relaxing and close to JHB. It was a very relaxing weekend away.
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Aug 2024
Petro J
Saam met lewensmaat
4.6
Rustig, privaat en die moeite werd! Ons was vanaf Sondag tot Dinsdag daar. Baie rustig en privaat. Alles wat ons nodig gehad het, was daar. Die gasvro...
Sien meer
Mrt 2024

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.6/5

Karin Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 8

Op LekkeSlaap 1 jaar

Ligging

  • R501, Boskop, Potchefstroom, 2528, Noordwes
  • Gaste dink The Boathouse het ’n baie goeie ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart

Sien meer verblyf in

Potchefstroom Noordwes
Vanaf R1 050
R1 050 R893
per nag (plek vir 3)
Vanaf R1 050
R1 050 R893
per nag (plek vir 3)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 3 mense
  • Geen kinders onder 3
  • Inkloktyd: 14:00 tot 17:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: R501, Boskop, Potchefstroom, 2528, Noordwes
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA04e8f1c592dc20651a1987b1b6e68a12235c0bf934dbd41366e71a77405e8dc5ed2ddeeff8763f751d3d0c8eeb77e80b1afc?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 was R1 050 nouVanaf R893 per nag (plek vir 3) 8 5 1 5 R501 Boskop 2528 Noordwes 021 201 8901 14:00-17:00 10:00 -26.563394791893 27.122607529163

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang