Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

The Bush Hut

Resensies

4.9/ 5

Gebaseer op 28 resensies

Uitstekend

Netheid
4.8
Ligging
4.9
Waarde vir geld
4.7
Diens
4.9
Veiligheid
4.9
Lani R
Kort verblyf Gesin met klein kinders
5.0
Jun 2024

Lieflike boshuisie naby die dorp. Die Bush Hut bied netjiese, skoon verblyf met mooi, ruim kamers en gemaklike beddens. Die eenheid is privaat gelee en omring deur natuurlike bosveld. Die trappe na die boonste verdieping is nogal steil en glad, maar nie 'n probleem vir ouer kinders. Ons was mal oor die Hoedspruit Wildlife landgoed waarbinne die Bush Hut gelee is; dit bied stap- en fietsryroetes, asook bos-skuilings waarvandaan mens diere kan besigtig. Ons het verskeie boksoorte, kameelperde, kwaggas en vlakvarke gesien op die landgoed en selfs 'n hyena. Die hoogtepunt was egter die oulike nagapies wat by die Bush Hut woon en elke aand kom groet het! Daar is verskeie goeie restaurante en winkels naby die landgoed, en 'n gesellige braai-area by die eenheid self. Ons sal graag weer daar tuisgaan.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Ronnelle H
Kort verblyf Gesin met tieners
5.0
Apr 2024

Definitely coming back soon! We absolutely loved our stay at the bush hut.

Word in die oorspronklike taal vertoon.
Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Bernard N
Kort verblyf Gesin met tieners
5.0
Mrt 2024

'n Moet, sal definitief weer gaan. Baie dankie. Dit was regtig baie lekker.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Tilana H
Kort verblyf Saam met lewensmaat
5.0
Jan 2024

'n Rustige bosveld wegbreek. Die snoesige boshuis was perfek vir 'n rustige wegbreek - net wat ons nodig gehad het. Dankie dat ons bietjie later kon uitboek!

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0
Harry
The Bush Hut
So bly julle het dit geniet, kom kuier gerus weer!

Deon L
Kort verblyf Gesin met tieners
5.0
Des 2023

Ons het heerlik by The Bush Hut gebly, wat aan al ons verwagtinge voldoen het. Sien sterre.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Margie B
Kort verblyf Gesin met tieners
5.0
Jul 2023

A wonderful stay apart from the weather. Perhaps a few more lamps with all the loadshedding.

Word in die oorspronklike taal vertoon.
Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0
Harry
The Bush Hut
Baie dankie Margie, bly julle het dit geniet. Jammer vir die weer, dit het vir ons ook gevoel of ons in ‘n ander provinsie is. Dankie vir die voorstel, jammer, ek moet dit meer duidelik maak in die skrywe oor beurtkrag dat al die lampe in die huis se gloeilampe van die herlaaibare tipe is en sal werk as mens dit aansit. As dit af is sal dit nie outomaties aanskakel nie, so jammer daaroor.

Jeanne H
Kort verblyf Gesin met tieners
4.0
Sep 2023

Kort maar net wat nodig was. Ons het die huisie meer net vir 'n slaapplek gebruik tydens 'n kort naweek na Hoedspruit, maar kan dit beslis aanbeveel. Die nagapies se vroegoggend-besoek, soos die son opkom en hulle oppad bed toe is, was werklik besonders vir ons.

Netheid
4.0
Diens
4.0
Ligging
4.0
Veiligheid
4.0
Waarde vir geld
4.0

Marthie B
Kort verblyf Saam met vriende
5.0
Aug 2022

Netjies, skoon en volledig toegerus. Puik. Pragtig, netjies, skoon en volledig toegerus met bederfies in die yskas soos sjokolade, melkies, koffie, tee en suiker. Wonderlik rustig. Vriendelike gasvrou Engela! Alles was vooraf gereël en in die plek bv. toegang met spesiale kode. Kaart van area in die Wildlife Estate, voëlboeke en bordspeletjies. Die verblyf was heerlik en die buitestort was almal se gunsteling. Sal enige tyd terugkom en vir almal aanbeveel. Dankie Engela.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0
Harry
The Bush Hut
Hello Marthie, so bly julle het lekker gekuier. Groetnis uit die bos, Engela

Jonathan W
Kort verblyf Gesin met klein kinders
5.0
Jan 2022

Privaat, veilig en rustig. Die plek is regtig baie goed uitgerus met alles en meer wat mens sal benodig. Ideaal vir n gesin van 4 met jong kinders. Die Wi-Fi is vinnig en hou die kinders besig saans. Daar is ook 'n klomp bordspeletjies en boeke om te geniet. Engela het letterlik uit haar pad gegaan om ons by te staan toe ons kar 40 km uit Hoedspruit op die dag toe ons vertrek gebreek het. Sy het gereël dat iemand ons kom oplaai toe die versekering die kar kom haal het en het vir ons nog 'n aand laat oorslaap. Ons was regtig langs die pad gestrand en te danke aan haar is my gesin veilig. Ek sal beslis weer die plek besoek en beveel die beslis aan.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0
Harry
The Bush Hut
Hi Jonathan, So bly ek kon van hulp wees en dat alles mooi uitgewerk het. Kom kuier gerus weer. Bosveldgroete, Engela, The Bush Hut

Riana P
Lang verblyf Gesin met tieners
4.6
Des 2022

Mooi huisie in die bos. Dis 'n klein reservaat met 'n paar wilde diere in. Eekhorings, vlakvarke, sebras, blouwildebeeste, apies, kameelperde, baie bokkies, akkedisse, likkewane, klomp voëls en vreeslike slange. Die spoedgrens is 40km/uur op die teerpad. As jy te vinnig ry, kry jy 'n onnodige groot boete. 'n Waarskuwing vir mense wat daar wil kom bly. Dit was lekker om die diere te sien daar rondbeweeg. Ons het lekker in die huisie gebly. Baie ekstra goedjies wat ander plekke nie voorsien nie, soos Doom, vuurhoutjies, badseep, noodligte. Daar was vir ons elk 'n choccie en melk in die yskas. Dit was baie bedagsaam gewees. Die weer was heerlik en ons het lekker in die splash pool afgekoel. Die wifi is uitstekend. Werk selfs as die krag af is.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
3.0
Harry
The Bush Hut
Dankie Henk en Riana. Bly julle het julle blaaskans geniet.

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.9/5

Harry Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 28

Op LekkeSlaap 5 jaar

Vanaf R2 400
R 2 400 R 2 160
per nag, vir 4 mense
Vanaf R2 400
R 2 400 R 2 160
per nag, vir 4 mense
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 4 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Rotsvyweg 552, Hoedspruit Wildlandgoed, Hoedspruit, 1380, Limpopo
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAf59157e99e3dec28236ec560cfe381857ac417de0bd9d3d7ca45ecb4d70a075f196232225cfdbc603bff7ccd38fe594ac0f8?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 was R2 400 nouVanaf R2 160 per nag, vir 4 mense 28 5 1 5 552 Rotsvy Street Hoedspruit Wildlife Estate 1380 Limpopo 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -24.342089550102 30.984014110451

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang