Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

The Coral

Selfsorg
  • Kapasiteit: 10 persone
  • Geen kinders onder 5
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Coral Reef-singel 34, Cola-strand, Sedgefield, 6572, Wes-Kaap
  • Vanaf R4 500 per nag, vir 10 mense

Beskrywing

The Coral is 'n dubbelverdiepinghuis wat selfsorgverblyf in Sedgefield, 'n rustige kusdorpie naby George Lughawe en Knysna, bied. Die huis is ook naby verskeie strande in die area, insluitend Cola-strand.

Die huis beskik oor 4 slaapkamers en bied slaapplek aan 10 gaste. Daar is 3 slaapkamers, insluitend die hoofslaapkamer, op die boonste verdieping, terwyl die vierde slaapkamer onder is. Die hoofslaapkamer het 'n koninggrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n stort en bad. Die tweede slaapkamer het 'n koningingrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n stort en bad. Die derde slaapkamer het 2 enkel beddens in en is ideaal vir jongmense. Die slaapkamer op die onderste verdieping het 'n koningingrootte-bed, 'n dubbelslaapbank vir kinders en 'n en suite-badkamer met 'n stort en bad. Daar is 'n gastetoilet op die onderste verdieping. Al die slaapkamers het waaiers en elektriese komberse.

Die kombuis is met 'n yskas-vrieskas, gasstoof, oond, mikrogolf, skottelgoedwasser en wasmasjien toegerus. Daar is ook 'n eethoekie met sitplek vir 4 gaste en 'n spens. Die huis het ook 'n gaskaggel en 'n outydse koolstoof waar gaste gesellige aande kan geniet. Die sitarea het 3 rusbanke, asook 'n platskerm-TV met DStv. Die leefarea op die boonste verdieping het gemaklike rusbanke en 'n dubbelslaapbank.

Die area is bekend vir sy pragtige kuslyn en mere, wat dit die perfekte plek maak vir watersport soos vlieërbranderry, kajak, visvang en bootry. Daar is ook staproetes langs die kus en in die woude.

Hierdie huis het sonkrag sodat gaste se verblyf nie deur kragonderbrekings geaffekteer word nie.

Kamer-opset

Slaapplek vir 10 mense 4 Slaapkamers 1 Leefarea 4 Badkamers, 3 en suite

Slaapkamer

En suite

2

1 x Koninggrootte-bed

Stort, Bad, Toilet

Slaapkamer

En suite

2

1 x Koningingrootte-bed

Stort, Bad, Toilet

Slaapkamer

En suite

2

1 x Koningingrootte-bed

Stort, Bad, Toilet

Slaapkamer

2

2 x Enkelbed / Driekwartbed

Leefarea

2

1 x Kinderbank vir 2

Badkamer

Toilet

Dít is wat jy hier sal kry

Tee en koffie
Gratis, veilige parkeerplek
WiFi
Troeteldiere op versoek
TV
Verwarmer
Volledige kombuis
Wasmasjien
DStv
Kaggel
Braai
Voorsiening vir beurtkrag

Ligging

  • Coral Reef-singel 34, Cola-strand, Sedgefield, 6572, Wes-Kaap
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R 4 500
per nag, vir 10 mense
Vanaf
Vanaf R 4 500
per nag, vir 10 mense
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 10 mense
  • Geen kinders onder 5
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Coral Reef-singel 34, Cola-strand, Sedgefield, 6572, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA6f631188c2cfb806ed447647587b9e3e0ab5e17ccd4145ba9e39f80b68242eccba98bf006e940709d825819607b87982f7a0?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R4 500 per nag, vir 10 mense 34 Coral Reef Crescent Cola Beach 6572 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -34.034131909656 22.814416354631

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang