Ons is dankbaar vir terugvoer - ook negatiewe terugvoer wat regverdig is.
Alle eenhede word deeglik voorberei voor die aankoms van nuwe gaste. Ons akkomodasie word jaarliks geëvalueer en die kollig word op 'n aantal areas geplaas, waarvan een skoon fasiliteite en netheid is. Ons verwerf jaarliks 100% hier. Ons ontvang gereeld positiewe terugvoer van gaste oor ons skoon & gerieflike akkomodasie.
Daar word voor die aankoms van alle gaste 'n e-pos gestuur met standaard inligting wat ons oordra. Daar word onder meer die volgende genoem: "Die skoonmakers sal so tussen 8:30-10:00 soggens die huis kom diens. As julle hulle later wil laat inkom kan jul so reël met ons". Die skoonmaker is persoonlik op die oggend ter sprake by die eenheid afgelaai om 9:55. Dit blyk dat die gaste toe reeds besluit het om skottelgoed te was en die kamers reg te trek voor hul uitstappie vir die dag. Die kommunikasie re die gaste se behoeftes om op spesifieke tye dienste te bekom is dus nie oorgedra aan ons nie.
Dit is vir ons belangrik om onmiddelik enige probleem of bekommernis aan te spreek indien 'n gas ons kontak. Die gaste het ons nie direk gekontak nie en verkies om deur hierdie platform te kommunikeer.
Ons sou graag die geleentheid wou hê om die probleem eerste aan te hoor en direk te bespreek.
Die gerief en positiewe ervaring van ons gaste is vir ons belangrik. Selfs meer so is dit vir ons belangrik dat families positiewe gesins- en familietyd op die plaas moet beleef sodat hulle goeie herinneringe saam kan koester. Dit is dus vir ons 'n groot jammerte dat hierdie gesin 'n negatiewe ervaring beleef het op die plaas.