The Dairy
- Kapasiteit: 6 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 21:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Skuinskraal Plaas, Hoekwil, 6538, Wes-Kaap
- Vanaf R2 150 per nag (plek vir 6)
Beskrywing
The Dairy bied akkommodasie in die hartjie van die Tuinroete naby die bekoorlike dorpie Hoekwil. Die huis is 'n ou melkstal wat omskep is in 'n ruim selfsorg-eenheid. The Dairy House bied fantastiese uitsigte op die Outeniekwaberge en 'n plaasdam.
Daar is 2 slaapkamers wat slaapplek bied vir 6 mense. Die hoofslaapkamer het 'n koningingrootte-bed en die tweede slaapkamer het 2 enkelbeddens. Die 2 badkamers het beide slegs stortgeriewe en die hoofslaapkamer se badkamer is en suite. Al ons linne is perkal-katoen. Handdoeke word voorsien, maar gaste moet hul eie strandhanddoeke bring.
Die ruim oopplan-kombuis en -sitarea het groot konsertinadeure wat op die stoep met 'n braai-area uitloop. Buite is 'n vuurput in die ou kraal waar die koeie voorheen bymekaar gemaak is voor melktyd. Daar is 'n Dover-stoof in die oopplan-kombuis wat die hele huis op 'n koue wintersdag warm maak.
'n Plaasswembad is beskikbaar langs die huis vir besoekers wat lekker in die somerhitte wil ontspan. Dit is veilig en daar is 'n kindervaste hekkie. Die swembad met sy houtdek is veral gewild onder ons gaste.
Daar is 'n houtvuur-warmbad op 'n houtdek wat na die stoep lei. Gaste kan in die warmbad ontspan terwyl hulle wag vir die braaivleisvuur.
Die plaasdam is sowat 80 m van die huis af - die dam is nie omhein nie, so ouers moet asseblief 'n ogie oor die kleinspan hou.
Kamer-opset
Slaapkamer
En suite
1 x Koningingrootte-bed
Stort, Toilet
Slaapkamer
2 x Enkelbed / Driekwartbed
1 x Stapelbed
Badkamer
Stort, Toilet
Kenmerke
Geriewe
- Swembad
- Jacuzzi
- Braaiplek
- Kombuisgeriewe
- Geen Rook Binnenshuis
- Malaria-vrye streek
- Selfsorg
- Daaglikse Skoonmaakdiens
- WiFi
Aktiwiteite Naby
- Perdry
- Baarshengel
- Voëlkyk
- Fietsry
- Wildkyk
- Begeleide Wandelpaaie
- Bergfietsroetes
- Swem
- Tennis
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- Onderdakparkering
- Parkering Van Die Straat Af
Betaalopsies op Perseel
- Visa
- Mastercard
- Elektroniese Fondsoorplasing
Resensies
Ontmoet jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel
4.7/5
Linda Geverifieer
Eiendomme 6
Resensies 31
Op LekkeSlaap 10 jaar
Ligging
- Skuinskraal Plaas, Hoekwil, 6538, Wes-Kaap
- Gaste dink The Dairy het ’n baie goeie ligging
- Kapasiteit: 6 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 21:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Skuinskraal Plaas, Hoekwil, 6538, Wes-Kaap
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang