The Eagle
Kry 20% af vir verblyf wat 6 nagte of langer is. Geldig vir verblyf vanaf 16 Jan 2024 tot 30 Nov 2024.
- Soos Gesien op Facebook
- Kapasiteit: 6 persone
- Geen kinders
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Eagle-weg 7, Southbroom, Margate, 4277, KwaZulu-Natal
-
Tydelik onbeskikbaar
Beskrywing
The Eagle is 'n selfsorgwoonstel met 'n lieflike see-uitsig wat in 'n kompleks in Southbroom geleë is. Die verblyf is ideaal vir gesinne wat op soek is na 'n kustoevlugsoord.
Dié woonstel op die eerste verdieping bied slaapplek aan 6 gaste en beskik oor 3 slaapkamers en 3 badkamers. Al die slaapkamers het 'n koningingrootte-bed en lugversorging. Die hoofslaapkamer het 'n en suite-badkamer met 'n stort en 'n bad, terwyl die tweede slaapkamer 'n en suite-badkamer met 'n stort het. Die derde badkamer het 'n bad en 'n stort.
Die oopplan-kombuis is met 'n yskas-vrieskas, gasstoof, oond, mikrogolf, waterhouer en 'n lugbraaier toegerus. Langs die kombuis is die opwaskamer met 'n skottelgoedwasser en 'n wasmasjien. Gaste kan hul maaltye by die toonbank of etenstafel geniet. Die leefarea het 'n gemaklike sitarea met 'n TV met DStv, terwyl daar 'n kuierarea vir kinders is.
Die woonstel lei na 'n balkon met 'n lieflike see-uitsig, braaigeriewe en 'n buite-eetarea. Gaste kan ook die gemeenskaplike plonspoel op warm somersdae benut. Gratis WiFi en veilige parkeerplek is in 'n motorhuis beskikbaar. Verder is daar 'n bykomende watertoevoer en omsetter sodat gaste nie deur kragonderbrekings geaffekteer word nie.
Southbroom spog met 'n verskeidenheid plaaslike besienswaardighede en aktiwiteite. Gaste kan die ongerepte strande verken, voetslaan of voëlkyk, asook die kulinêre-aanbiedinge geniet.
Kamer-opset
Slaapkamer
En suite
1 x Koningingrootte-bed
Stort, Bad, Toilet
Slaapkamer
En suite
1 x Koningingrootte-bed
Stort, Toilet
Slaapkamer
1 x Koningingrootte-bed
Badkamer
Stort, Bad, Toilet
Kenmerke
Geriewe
- Swembad
- Braaiplek
- Kombuisgeriewe
- Geen Rook Binnenshuis
- Troeteldiere indien gereël
- Satelliet-TV
- Selfsorg
- Gratis WiFi
- WiFi
Aktiwiteite op perseel
- Swem
Aktiwiteite Naby
- Visvang
- Swem
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
- Zoeloe
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- Onderdakparkering
Badkamer
- Bad
- En-suite
- Stort
Elektriese Toebehore
- Yskas
- Mikrogolfoond
- Oond
- Stoof
Vermaak
- Eksklusiewe dstv
- Tv
Ontmoet jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel
4.4/5
Top Destinations Geverifieer
Eiendomme 98
Resensies 418
Op LekkeSlaap 2 jaar
Ligging
- Eagle-weg 7, Southbroom, Margate, 4277, KwaZulu-Natal
Sien meer verblyf in Southbroom Suidkus KwaZulu-Natal
- Kapasiteit: 6 mense
- Geen kinders
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Eagle-weg 7, Southbroom, Margate, 4277, KwaZulu-Natal
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang