Echo Caves & Accommodation
- Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
- Kapasiteit: 25 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Op die R36 vanaf Lydenburg na Tzaneen, 24 km buite Ohrigstad, 1122, Limpopo
- Vanaf R750 per nag, vir 2 mense
Beskrywing
Echo Caves & Accommodation is 27 km buite Ohrigstad in Limpopo. Dit bied gerieflike, ongekunstelde selfsorgverblyf by die Echo Caves-toeristebesienswaardigheid. Dié oergrotte is van die oudste grotte in die wêreld en is as 'n geskiedkundige monument verklaar.
Verblyf is beskikbaar in 9 kamers, 2 selfsorgeenhede, en 'n slaapsaal/rugsakreisigerslosies. Elkeen van die 9 kamers bied slaapplek aan 2 gaste en beskik oor 1 slaapkamer en 'n en suite-badkamer. Die kamers het elkeen 'n yskas, mikrogolf en koffie- en teemaakgeriewe. Elkeen van die 2 selfsorgeenhede beskik oor 2 slaapkamers, badkamers, 'n sitarea en kombuis. Daar is ook 10 slaapsaaleenhede/rugsakreisigerskamers met 15 beddens per kamer, en suite-badkamers en gaste het toegang tot aparte ablusiegeriewe vir mans en dames sowel as 'n kombuisie met 'n kookketel, yskas-vrieskas, stoof en tafels. Gaste het ook toegang tot 'n lapa met 'n buitebraai-area.
Echo Caves & Accommodation het 'n kroeg, sitarea en 'n eetkamer, en daar is 'n teetuin op die grasperk. 'n Spyskaart vir ontbyt, middagete en aandete is beskikbaar. Die verblyf kan ook spyseniering aan groot groepe voorsien en gaste kan op begeleide toere van die grotte gaan.
Dít is wat jy hier sal kry
Resensies
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.2/5
Carla Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 16
Op LekkeSlaap 8 jaar
Ligging
- Op die R36 vanaf Lydenburg na Tzaneen, 24 km buite Ohrigstad, 1122, Limpopo
- Gaste dink Echo Caves & Accommodation het ’n baie goeie ligging
Sien meer verblyf in Kruger tot Canyons Hoedspruit Limpopo
- Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
- Kapasiteit: 25 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Op die R36 vanaf Lydenburg na Tzaneen, 24 km buite Ohrigstad, 1122, Limpopo
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang