The Estuary Hotel & Spa
- Kapasiteit: 66 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 23:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Hoofstraat R61, Port Edward, 4295, KwaZulu-Natal
- Vanaf R1 800 per nag, vir 2 mense
Beskrywing
The Estuary Hotel & Spa skuil aan die onderkant van KwaZulu-Natal se Suidkus. Dié Kaaps-Hollandse hotel is in 1941 gebou, het 'n uitsig oor die riviermonding en bied afgesonderde toegang tot die beskermde Silver-strand.
Dié hotel het 5 standaardkamers, 35 gesinskamers en 4 Deluxe Kamers. Elke kamer het gratis WiFi, 'n privaat balkon, lugversorging, lessenaar met stoel, elektroniese kluis, haardroër, yskassie, DStv, en koffie- en teemaakgeriewe.
Geniet jou ontbyt op die tuinterras met 'n uitsig oor die riviermonding en die strand, of vra vir 'n tafel by The Fish Eagle Restaurant wat dekadente a la carte-middag- en aandetes bedien, asook die gewilde Sondagmiddag-voorsnybuffet. Die Sao Joao-kroeg is perfek as jy jou gunstelingdrankie wil geniet en kyk hoe jou sportspan speel. Die Blu Bar is ook perfek om 'n skemerkelkie te geniet en begroet te word deur 'n 180º-uitsig oor die riviermonding en Silver Beach.
Die hotel het ook 3 konferensielokale met plek vir 200 afgevaardigdes. Hierdie funksionele, innoverende ruimtes is ideaal vir vergaderings, produkbekendstellings, en wegbreke vir groot en klein groepe. Voldag-, oornag- en halfdagkonferensiepakkette is beskikbaar.
Geriewe op die perseel sluit 'n spa en speelsentrum vir kinders in. Die hotel is naby Blouvlagstrande en verskeie uitdagende gholfbane en gaste kan gaan hengel, diepseevisvang, jetski op die Umtamvunarivier, skubaduik, tennis speel, perdry, bergfietsry en rolbal speel.
Dít is wat jy hier sal kry
Resensies
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.1/5
Sarah-Lee Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 6
Op LekkeSlaap 8 jaar
Ligging
- Hoofstraat R61, Port Edward, 4295, KwaZulu-Natal
- Gaste dink The Estuary Hotel & Spa het ’n baie goeie ligging
Sien meer verblyf in Port Edward Suidkus KwaZulu-Natal
- Kapasiteit: 66 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 23:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Hoofstraat R61, Port Edward, 4295, KwaZulu-Natal
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang