The Farmhouse
- Kapasiteit: 13 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 17:00
Uitkloktyd: 11:00 - Adres: Diephoekplaas, Philipstown, 8795, Noord-Kaap
- Vanaf R7 150 per nag, vir 13 mense
Beskrywing
The Farmhouse is 'n lieflike, ruim selfsorgvakansiehuis op 'n plaas sowat 70 km vanaf De Aar in die Noord-Kaap. Dit is ideaal vir 'n groot groep wat 'n Karoo-ervaring wat onafhanklik van die plaaslike kragnetwerk is, soek.
Dié plaashuis bied slaapplek aan 13 gaste en beskik oor 7 slaapkamers, 3 badkamers en 'n gastetoilet. Daar is 4 slaapkamers wat elk 'n dubbelbed het, nog 2 wat elk 2 enkelbeddens het en daar is 1 enkelbed is die laaste slaapkamer. Al die badkamers het 'n stort, wasbak en 'n toilet. Alle linne word voorsien, maar gaste moet hul eie handdoeke saambring.
Die ruim leefarea beskik oor 'n kombuis wat met 'n stoof, oond, mikrogolfoond, yskas-vrieskas, eetgerei, breekware en tee- en koffiemaakgeriewe toegerus is. Daar is 2 knus sitareas en 'n eetarea in die huis. Gratis WiFi is beskikbaar.
Verder is daar 'n omheinde stoep met 'n etenstafel, 'n sithoekie en 'n ingeboude braai. Die verblyf het 'n groot, welige tuin en 'n swembad. Gaste kan natuurwandelings, wildritte en 4x4-roetes op die plaas geniet.
Kamer-opset
Slaapkamer
1 x Dubbelbed
Slaapkamer
1 x Dubbelbed
Slaapkamer
2 x Enkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer
1 x Dubbelbed
Slaapkamer
1 x Enkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer
1 x Dubbelbed
Slaapkamer
2 x Enkelbed / Driekwartbed
Badkamer
Toilet
Badkamer
Stort, Toilet
Badkamer
Stort
Badkamer
Stort, Toilet
Dít is wat jy hier sal kry
Ligging
- Diephoekplaas, Philipstown, 8795, Noord-Kaap
Sien meer verblyf in Karoo Noord-Kaap
- Kapasiteit: 13 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 17:00
Uitkloktyd: 11:00 - Adres: Diephoekplaas, Philipstown, 8795, Noord-Kaap
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang