The Farmhouse at Cheetah Ridge
- Kapasiteit: 10 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Nambiti Privaat Wildreservaat, Cheetah Ridge, Ladysmith, 3370, KwaZulu-Natal
- Vanaf R17 500 per nag (plek vir 10)
Beskrywing
The Farmhouse at Cheetah Ridge is 'n pragtige selfsorgvakansiehuis in die suidelike deel van die Nambiti Privaat Wildreservaat in KwaZulu-Natal. Dit kan 'n goeie opsie wees vir óf 'n groot gesin óf 'n groep vriende wat op soek is na 'n wegbreek van die gewoel van die stadslewe.
Dié eiendom bied gerieflike slaapplek vir altesaam 10 gaste op 'n slag en beskik oor 5 slaapkamers, 3 badkamers asook 'n gastetoilet. Al die slaapkamers is ingerig met 'n koninggrootte-bed; net die hoofslaapkamer het egter 'n en suite-badkamer met 'n bad en 'n stort. Die ander 2 badkamers is elk toegerus met 'n stort, wasbak en toilet. Alle linne en badhanddoeke word voorsien; gaste word egter verplig om hul swemhanddoeke saam te bring.
Die ruim leefarea beskik oor 'n kombuis wat volledig toegerus is met 'n gasstoof en oond, mikrogolf, yskas-vrieskas, vrieskas, eetgerei en breekware asook 'n Nespresso-masjien. Die sitkamer is knus en het gemaklike sitplek, 'n kaggel en 'n platskerm-TV. Boonop is daar 'n eetarea met oorgenoeg sitplek vir almal om hul etes saam te geniet.
Buite is daar 'n onderdak-patio met 'n buite-etenstafel. Hierdie patio lei na 'n uitgestrekte grasperk met 'n uitnodigende plonspoel met sonstoele waar gaste ten volle kan ontspan en son kan vang. Dié huis het ook 'n privaat butler en 'n boma met 'n sentrale kaggel waar gaste saans kan saamdrom.
Kamer-opset
Slaapkamer
En suite
1 x Koninggrootte-bed
Stort, Bad, Toilet
Slaapkamer
1 x Koninggrootte-bed
Slaapkamer
1 x Koninggrootte-bed
Slaapkamer
1 x Koninggrootte-bed
Slaapkamer
1 x Koninggrootte-bed
Badkamer
Stort, Toilet
Badkamer
Stort, Toilet
Badkamer
Toilet
Kenmerke
Geriewe
- Spa-behandelinge
- Swembad
- Begeleide Wildritte as Ekstra
- Braaiplek
- Kombuisgeriewe
- Geen Rook Binnenshuis
- Restaurant op Perseel
- Selfsorg
- Gratis WiFi
- WiFi
Aktiwiteite op perseel
- Groot 5
- Wildritte
- Wildkyk
- Swem
Aktiwiteite Naby
- Voëlkyk
- Fietsry
Hier praat ons
- Engels
Parkeerplek
- Veilige Parkering
Betaalopsies op Perseel
- Visa
- Mastercard
- Kontant
Badkamer
- Bad
- En-suite
- Stort
Elektriese Toebehore
- Yskas
- Mikrogolfoond
- Oond
- Stoof
Vermaak
- Tv
Ligging
- Nambiti Privaat Wildreservaat, Cheetah Ridge, Ladysmith, 3370, KwaZulu-Natal
Sien meer verblyf in Ladysmith Drakensberge KwaZulu-Natal
- Kapasiteit: 10 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Nambiti Privaat Wildreservaat, Cheetah Ridge, Ladysmith, 3370, KwaZulu-Natal
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang