Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

The Farmstead

Selfsorg
  • Kapasiteit: 8 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 17:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: R72, Stillewaters-plaas, Cannon Rocks, 6189, Oos-Kaap
  • Vanaf R3 580 per nag (plek vir 8)

Beskrywing

The Farmstead is 'n bekoorlike selfsorg-eiendom wat op 'n skilderagtige kusplaas in die Sonskynkus geleë is, sowat 3 km vanaf die heerlike kusdorpie Cannon Rocks. 'n Ideale toevlugsoord vir 'n gesin of groep vriende wat uit die besige stad wil ontsnap.

Dié eiendom kan tot 8 gaste op 'n slag akkommodeer en beskik oor 4 en suite-slaapkamers. Twee van die slaapkamers is gerieflik ingerig met 'n koninggrootte-bed, terwyl die oorblywende slaapkamers elk 'n dubbelbed het. Een van die badkamers is toegerus met 'n bad en 'n stort, terwyl die oorblywende badkamers slegs 'n stort het. Linne en badhanddoeke word voorsien.

Die eiendom beskik oor 'n goed toegeruste kombuis wat 'n gasstoof, oond, mikrogolf, ketel, broodrooster, eetgerei, breekware en yskas-vrieskas insluit. Die sit- en eetareas het oorgenoeg sitplek vir gaste om te eet en te ontspan en spog ook met 'n binnenshuise kaggel. Vir gaste se vermaak is 'n TV, toegang tot gratis WiFi, 'n pooltafel en tafelvoetbal beskikbaar.

Buite kan gaste 'n swembad geniet wat oor die landerye uitkyk. Gaste kry veilige parkeerplek op die perseel.

Kamer-opset

Slaapplek vir 8 mense 4 Slaapkamers 4 Badkamers, 4 en suite

Slaapkamer

En suite

2

1 x Koninggrootte-bed

Stort, Bad, Toilet

Slaapkamer

En suite

2

1 x Koninggrootte-bed

Stort, Toilet

Slaapkamer

En suite

2

1 x Dubbelbed

Stort, Toilet

Slaapkamer

En suite

2

1 x Dubbelbed

Stort, Toilet

Kenmerke

Afrikaans
Swembad
Braaiplek
Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • Swembad
  • Braaiplek
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Selfsorg
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite op perseel

  • Voëlkyk
  • Swem

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Konferensiegeriewe

  • Televisie

Parkeerplek

  • Veilige Parkering

Badkamer

  • Aparte toilet
  • Stort
  • Toiletware

Eenheidgeriewe

  • Eetkamer
  • Sitkamer

Elektriese Toebehore

  • Yskas
  • Haardroër
  • Strykyster
  • Mikrogolfoond
  • Oond
  • Stoof

Ontmoet jou gasheer

Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel

4.7/5

Lana Geverifieer

Eiendomme 12

Resensies 3

Op LekkeSlaap 2 jaar

Ligging

  • R72, Stillewaters-plaas, Cannon Rocks, 6189, Oos-Kaap
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart

Sien meer verblyf in

Sonskynkus Oos-Kaap
Vanaf
Vanaf R 3 580
per nag (plek vir 8)
Vanaf
Vanaf R 3 580
per nag (plek vir 8)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 8 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 17:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: R72, Stillewaters-plaas, Cannon Rocks, 6189, Oos-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAbbd6e1af131487e0dec4b182020ba28e7deaef622e68668e999fb15518e72d0a5844f22890ba843450e63747224391948f35?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R3 580 per nag (plek vir 8) R72 Stillewaters Farm 6189 Oos-Kaap 021 201 8901 14:00-17:00 10:00 -33.73180635043 26.549955097781

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang