The French Cottage
- Soos Gesien op Instagram
- Kapasiteit: 6 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 22:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Villiersstraat 491, Clarens, 9707, Vrystaat
- Vanaf R4 200 per nag, vir 6 mense
Beskrywing
The French Cottage is op die historiese plaas Naauwpoort in Clarens geleë. Die kothuis is slegs 4 minute se ry en 15 minute se stap vanaf die middedorp. Toegang tot al die voetslaanpaaie van Clarens is ook net buite die hoofingang van die perseel beskikbaar.
Die kothuis het 'n Franse boustyl en is met die ikoniese Clarens-sandsteen afgerond. Die kothuis beskik oor 3 slaapkamers, elk met sy eie ingang. Op die onderste verdieping is daar 2 slaapkamers, een met 'n dubbelbed en een met 2 driekwartbeddens. Die gaste in hierdie 2 slaapkamers deel 'n badkamer met 'n hoekbad en 'n stort. Die slaapkamer op die boonste verdieping het 'n koninggrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n bad en 'n stort. Daar is tee- en koffiemaakgeriewe in elke kamer. Die beddens is met luukse, skoon, wit katoenperkallinne oorgetrek en daar is sagte handdoeke vir elke gas. Elke slaapkamer het 'n verwarmer, elektriese komberse en ekstra komberse vir koue wintersaande. Albei badkamers het ook verwarmers.
Die oopplan-plaasstylkombuis en -eetarea bied 'n wonderlike uitsig oor die erf en op die berge. Daar is 'n gietysterstofie waarin gaste lekker in die winter kan vuurmaak. Die kombuis is met 'n gasstoof, konveksie-oond, yskas-vrieskas en 'n mikrogolfoond toegerus. Daar is 'n TV met die volle DStv-pakket op die boonste verdieping wat met 'n buitetrap bereik word. Die kothuis het ook gratis WiFi en braaigeriewe.
Veilige parkeerplek is beskikbaar en die tuin is heeltemal omhein wat dit veilig vir jong kinders maak. 'n Groot verskeidenheid voëls kan hier gewaar word, sowel as grysduikers, ystervarkies en dassies. Daar is 'n groot oorhanggrot met Boesmantekeninge, en 'n standhoudende waterval op die perseel.
Kamer-opset
Slaapkamer
En suite
1 x Koninggrootte-bed
Stort, Bad, Toilet
Slaapkamer
1 x Dubbelbed
Slaapkamer
2 x Enkelbed / Driekwartbed
Badkamer
Stort, Bad, Toilet
Kenmerke
Geriewe
- Braaiplek
- Kombuisgeriewe
- Geen Rook Binnenshuis
- Malaria-vrye streek
- Satelliet-TV
- Selfsorg
- Skoonmaakdiens Op Versoek
- Gratis WiFi
- WiFi
Aktiwiteite op perseel
- Voëlkyk
Aktiwiteite Naby
- Perdry
- Kunsvlieghengel
- Visvang
- Forelhengel
- Baarshengel
- Voëlkyk
- Wynproe
- Fietsry
- Wildritte
- Wildkyk
- Begeleide Wandelpaaie
- Bergfietsroetes
- Swem
- Tennis
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- Parkering Van Die Straat Af
Betaalopsies op Perseel
- Kontant
- Elektroniese Fondsoorplasing
Dienste
- Diens op aanvraag
Badkamer
- Bad
- En-suite
- Stort
- Seep
- Toiletware
Eenheidgeriewe
- Verekombers
- Elektriese kombers
- Waaier
Elektriese Toebehore
- Yskas
- Haardroër
- Mikrogolfoond
- Oond
- Stoof
Vermaak
- Boeke en tydskrifte
- Eksklusiewe dstv
- Tv
Resensies
Gaste se hoogtepunte
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.8/5
Julia Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 44
Op LekkeSlaap 9 jaar
Ligging
- Villiersstraat 491, Clarens, 9707, Vrystaat
- Gaste dink The French Cottage het ’n uitstekende ligging
Sien meer verblyf in Clarens Drakensberge Vrystaat
- Kapasiteit: 6 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 22:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Villiersstraat 491, Clarens, 9707, Vrystaat
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang