Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

The Funny Farm Shire

  • Kapasiteit: 12 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Plaas 191, Deel 36, Langvleiweg, Wilderness, 6541, Wes-Kaap
  • Vanaf R1 400 per nag (plek vir 2)

Beskrywing

The Funny Farm Shire is in die landelike, sonnige gebied langs die vleilande van die Tuinroete Nasionale Park geleë. Daar is 'n oorvloed van voëllewe op die plaas en die aangrensende vleilande. Besoek gerus die Malachite Bird Hide wat slegs sowat 400 m van ons ingangshek geleë is. Hier kan gaste die voëls van naby af leer ken. Die plaas spog met 'n pragtige uitsig van die Langvleimeer, 'n groot beskermde voëlvleiland en 'n internasionaal aangewese Ramsar-terrein ('n bewarea vir vleilande en -voëls).

Die eiendom het 2 pragtige, strooisteenhuise met beeldskone vensterrame, deure en toonbanke van inheemse hout. Albei huisies is knus, natuurlik en eenvoudig gemeubileer. Hulle is goed geïsoleer en elkeen het sy eie groot, veilige tuin.

Die plaas spog met 8 hektaar van 'n verhewe, dik inheemse woud wat verken kan word met die Jackal Buzzard-staproete. Die roete neem sowat 30 minute om te loop en lei gaste deur die woud met skadukolle waar hulle kan rus terwyl hulle oor die meer tuur.

Die Wilderniss Milkwood Village is omtrent 14 km van die plaas af met 'n verskeidenheid winkels, restaurante, mediese fasiliteite, haarkappers en 'n wassery. Of neem die skilderagtige houtpromenade-roete wat gaste lei om die rand van die Langvleimeer, verby die Brown Fisher-voetslaanroete, al langs die oewer van die meer-eiland, verby die Half Collared Kingfisher-voetslaanroete en tot teenaan die Wildernis-meer.

The Funny Farm Shire is 'n spesiale plek vir diegene wat wil ontspan in die natuur se rustigheid. Die "Lord of the Rings"-tema weerklink hier, met Gandalf's Wishin Well en Gollum's Den op een van die staptoere. Die kinders sal mal wees daaroor.

Kenmerke

Braaiplek
Troeteldiere indien gereël

Geriewe

  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Troeteldiere indien gereël
  • Selfsorg

Aktiwiteite op perseel

  • Voëlkyk

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Begeleide Wandelpaaie
  • Bergfietsroetes
  • Swem

Hier praat ons

  • Engels

Betaalopsies op Perseel

  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Resensies

4.7/ 5

Gebaseer op 12 resensies

Uitstekend

Netheid
4.8
Ligging
4.5
Waarde vir geld
4.4
Diens
4.8
Veiligheid
4.9

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.7/5

Tessa Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 12

Op LekkeSlaap 9 jaar

Ligging

  • Plaas 191, Deel 36, Langvleiweg, Wilderness, 6541, Wes-Kaap
  • Gaste dink The Funny Farm Shire het ’n baie goeie ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R1 400
per nag (plek vir 2)
Vanaf
Vanaf R1 400
per nag (plek vir 2)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 12 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Plaas 191, Deel 36, Langvleiweg, Wilderness, 6541, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJGFjYWU0M2Q5LWIwMDMtNGY4MS04YjEyLWM2YzUxZTZlMWE0ZA?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 400 per nag (plek vir 2) 12 5 1 5 Farm 191, Portion 36 Langvlei Road 6541 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -33.981258882024 22.681215405464

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang