The Gables
Kry 20% af vir verblyf op Vrydag en Saterdag (minimum twee nagte se verblyf). Geldig vir verblyf vanaf 5 Apr 2024 tot 2 Des 2024.
- Kapasiteit: 10 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Turnstone-keeromstraat 209, Grottobaai, 7345, Wes-Kaap
- Vanaf R2 000 per nag, vir 2 mense
Beskrywing
The Gables is in Grottobaai se natuurreservaat geleë en bied selfsorgverblyf aan 'n gesin of paartjie wat 'n bietjie wil wegbreek. Die perseel is stapafstand vanaf die see en bied 'n see-uitsig.
The Gables is geskik vir tussen 4 en 10 gaste en het 5 slaapkamers en 3 badkamers. Daar is 4 slaapkamers wat elk 'n dubbelbed het en die vyfde slaapkamer het 2 enkelbeddens en 'n uittrek-enkelbed. Daar is 2 badkamers wat elkeen 'n toilet, wasbak, stort en bad het. Die derde badkamer is en suite en het 'n bad, wasbak en 'n toilet.
Die kombuis is met 'n yskas, induksiestoof, mikrogolfoond, wasmasjien en skottelgoedwasser toegerus. Daar is ook 'n gasstoof en batteryligte vir beurtkrag. Verder is daar braaigeriewe en veilige parkeerplek op die perseel. The Gables het DStv Premium met 'n Explora-dekodeerder. Die ligte, DStv en WiFi werk tydens beurtkrag.
Grottobaai is langs die Grottobaai Privaat Natuurreservaat, op die R27, suidwes van Darling en 68 km vanaf Kaapstad geleë. The Gables is ongeveer 400 m van die naaste strand af. Daar is ook verskeie staproetes op die landgoed.
Kenmerke
Geriewe
- Braaiplek
- Kombuisgeriewe
- Geen Rook Binnenshuis
- Malaria-vrye streek
- Satelliet-TV
- Selfsorg
- Skoonmaakdiens Op Versoek
- Gratis WiFi
- WiFi
Aktiwiteite op perseel
- Visvang
- Voëlkyk
- Fietsry
- Bergfietsroetes
Aktiwiteite Naby
- Perdry
- Visvang
- Voëlkyk
- Wynproe
- Fietsry
- Wildkyk
- Begeleide Wandelpaaie
- Bergfietsroetes
- Swem
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- 24-Uur Sekuriteit
- Parkering Van Die Straat Af
Resensies
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.8/5
Karen Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 8
Op LekkeSlaap 3 jaar
Ligging
- Turnstone-keeromstraat 209, Grottobaai, 7345, Wes-Kaap
- Gaste dink The Gables het ’n uitstekende ligging
Sien meer verblyf in Grottobaai Weskus Wes-Kaap
- Kapasiteit: 10 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Turnstone-keeromstraat 209, Grottobaai, 7345, Wes-Kaap
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang