The Gables Guest House
- Kapasiteit: 19 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Viljoenstraat 21A, Groenkol, Middelburg, 1050, Mpumalanga
- Vanaf R980 per nag (plek vir 2)
Beskrywing
The Gables is die oudste huis in Middelburg. Hierdie pragtige Victoriaanse huis is in Groenkol, 'n rustige area met groot bome, geleë. Dit bied 'n kalm atmosfeer vir sakelui en vakansiegangers.
Verblyf word gebied in 8 kamers, waarvan 2 vir selfsorgverblyf ingerig is. Elke kamer kyk uit oor die tuin of swembad en het 'n privaat ingang en 'n en suite-badkamer. Ander geriewe in die kamers sluit 'n TV met sekere DStv-kanale, 'n kroegyskassie en 'n mikrogolfoond in. Gratis WiFi word ook voorsien.
'n Volledige Engelse ontbyt en aandetes kan in die lieflike Victoriaanse eetkamer geniet word. Ontbyt en middagetepakkies moet asb. vooraf gereël word indien gaste vroeg wil vertrek.
Gaste kan gerus in die sprankelende swembad afkoel en die braaigeriewe gebruik of 'n bietjie ontspan in ons goed onderhoude tuin. Veilige parkeerplek is beskikbaar vir jou gemoedsrus.
The Gables Guest House is sentraal geleë, naby winkelsentrums, restaurante, sake-areas, skole, die gholfbaan en Middelburg Mall.
Dít is wat jy hier sal kry
Resensies
Gaste se hoogtepunte
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.5/5
Wilmie Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 39
Op LekkeSlaap 10 jaar
Ligging
- Viljoenstraat 21A, Groenkol, Middelburg, 1050, Mpumalanga
- Gaste dink The Gables Guest House het ’n uitstekende ligging
- Kapasiteit: 19 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Viljoenstraat 21A, Groenkol, Middelburg, 1050, Mpumalanga