The Garden Cottage
- Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
- Kapasiteit: 2 persone
- Geen kinders
-
Inkloktyd: 15:00 tot 20:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Essenhout-rylaan 27, Randpark Ridge, Johannesburg, 2169, Gauteng
- Vanaf R700 per nag (plek vir 2)
Beskrywing
The Garden Cottage is 'n troeteldiervriendlike sonkrag-aangedrewe kothuis in Randpark Ridge, Johannesburg.
The Garden Cottage bied gerieflike en ruim selfsorgverblyf met 'n privaat tuin op die eienaar se perseel. Ontbyt en aandete kan op versoek en teen 'n ekstra koste gereël word.
Hierdie oopplankothuis het moderne afwerkings en bied slaapplek aan 2 gaste. Die slaaparea het 'n koningingrootte-bed en die badkamer het 'n stort, wasbak en 'n toilet. Linne, handdoeke en toiletware word voorsien.
Hierdie kothuis het ook 'n kombuis wat met 'n tweeplaatstoof, mikrogolf, yskas-vrieskas, eetgerei, breekware en 'n etenstafel toegerus is. Die kombuis lei na 'n sitarea met gemaklike sitplek en 'n platskerm-TV met Netflix. Toegang tot gratis, onbeperkte WiFi is beskikbaar. Daar is ook'n werksarea met 'n lessenaar en 'n gemaklike stoel.
Die verblyf word deur sonkrag aangedryf en het 'n rugsteunkragopwekker, 'n sonkrag-geiser asook 'n omskakelaar in geval van beurtkrag.
Gaste kry 'n veilige onderdakparkeerplek op die perseel wat naby die kothuis is. Aangesien dit 'n troeteldiervriendelike instansie is, is die tuin heeltemal omhein en die omliggende woonbuurt het lekker staproetes.
Die kothuis is ideaal vir óf paartjies óf korporatiewe reisigers aangesien dit in 'n stil woonbuurt, naby uitstekende restaurante, kroeë en koffiewinkels, geleë is. Dit is stapafstand vansf plaaslike laer- en hoërskole en is naby snelweë.
Kamer-opset
Slaapkamer
1 x Koningingrootte-bed
Badkamer
Stort, Toilet
Dít is wat jy hier sal kry
Resensies
Gaste se hoogtepunte
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.9/5
Melanie Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 37
Op LekkeSlaap 2 jaar
Ligging
- Essenhout-rylaan 27, Randpark Ridge, Johannesburg, 2169, Gauteng
- Gaste dink The Garden Cottage het ’n uitstekende ligging
- Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
- Kapasiteit: 2 mense
- Geen kinders
-
Inkloktyd: 15:00 tot 20:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Essenhout-rylaan 27, Randpark Ridge, Johannesburg, 2169, Gauteng