Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

The Garden Cottage

  • Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 2 persone
  • Geen kinders
  • Inkloktyd: 15:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Essenhout-rylaan 27, Randpark Ridge, Johannesburg, 2169, Gauteng
  • Vanaf R800 per nag (plek vir 2)

Beskrywing

The Garden Cottage is 'n troeteldiervriendlike sonkrag-aangedrewe kothuis in Randpark Ridge, Johannesburg.

The Garden Cottage bied gerieflike en ruim selfsorgverblyf met 'n privaat tuin op die eienaar se perseel. Ontbyt en aandete kan op versoek en teen 'n ekstra koste gereël word.

Hierdie oopplankothuis het moderne afwerkings en bied slaapplek aan 2 gaste. Die slaaparea het 'n koningingrootte-bed en die badkamer het 'n stort, wasbak en 'n toilet. Linne, handdoeke en toiletware word voorsien.

Hierdie kothuis het ook 'n kombuis wat met 'n tweeplaatstoof, mikrogolf, yskas-vrieskas, eetgerei, breekware en 'n etenstafel toegerus is. Die kombuis lei na 'n sitarea met gemaklike sitplek en 'n platskerm-TV met Netflix. Toegang tot gratis, onbeperkte WiFi is beskikbaar. Daar is ook'n werksarea met 'n lessenaar en 'n gemaklike stoel.

Die verblyf word deur sonkrag aangedryf en het 'n rugsteunkragopwekker, 'n sonkrag-geiser asook 'n omskakelaar in geval van beurtkrag.

Gaste kry 'n veilige onderdakparkeerplek op die perseel wat naby die kothuis is. Aangesien dit 'n troeteldiervriendelike instansie is, is die tuin heeltemal omhein en die omliggende woonbuurt het lekker staproetes.

Die kothuis is ideaal vir óf paartjies óf korporatiewe reisigers aangesien dit in 'n stil woonbuurt, naby uitstekende restaurante, kroeë en koffiewinkels, geleë is. Dit is stapafstand vansf plaaslike laer- en hoërskole en is naby snelweë.

Kamer-opset

Kapasiteit: 2 Aantal kamers: 1 Aantal badkamers: 1
Slaapkamer
Plek vir 2 mense
1 xKoningingrootte-bed
Badkamer

Stort, Toilet

Kenmerke

Afrikaans
Troeteldiere indien gereël
Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Troeteldiere indien gereël
  • Selfsorg
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite Naby

  • Fietsry

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels
  • Duits

Maaltye Aangebied

  • Aandete Op Versoek
  • Etes Op Versoek

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Agter Elektriese Hek
  • Onderdakparkering
  • Parkering Van Die Straat Af

Betaalopsies op Perseel

  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Badkamer

  • En-suite
  • Aparte toilet
  • Stort
  • Seep
  • Toiletware

Eenheidgeriewe

  • Eetkamer
  • Verekombers
  • Waaier

Elektriese Toebehore

  • Yskas
  • Haardroër
  • Strykyster
  • Mikrogolfoond
  • Stoof

Vermaak

  • Boeke en tydskrifte
  • Tv

Resensies

4.9/ 5

Gebaseer op 31 resensies

Uitstekend

Netheid
4.9
Ligging
4.8
Waarde vir geld
4.9
Diens
4.8
Veiligheid
4.9
Wat gaste dink
Gerhard W
5.0
Gesellig en rustig. Baie lekker gebly. Dankie.
Aug 2024
Leon G
Saam met vriende
5.0
Goeie verblyf. Reelings en verblyf baie goed en alles daar wat benodig is. Goeie stil area ook, maar naby alles wat mens wil besoek.
Aug 2024
Edwin S
Saam met lewensmaat
5.0
Vriendelike ontvang, gasvry, netjies, perfek. Baie dankie. Baie lekker gebly. Plekkie was presies soos die foto's. Was vriendelik ontvang. Baie netjie...
Sien meer
Jun 2024
Brandon F
5.0
Dit was 'n rustige veilige kuier. Ek het baie lekker gebly.
Jun 2024
Jerry C
Saam met lewensmaat
5.0
Woonstel is baie goed toegerus, netjies en skoon. Gasvrou baie vriendelik. Ons het baie lekker gebly. Alles in die woonstel is netjies en skoon en van...
Sien meer
Mrt 2024

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.9/5

Melanie Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 31

Op LekkeSlaap 1 jaar

Ligging

  • Essenhout-rylaan 27, Randpark Ridge, Johannesburg, 2169, Gauteng
  • Gaste dink The Garden Cottage het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R800
per nag (plek vir 2)
Vanaf
Vanaf R800
per nag (plek vir 2)
Maak 'n Bespreking
  • Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 2 mense
  • Geen kinders
  • Inkloktyd: 15:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Essenhout-rylaan 27, Randpark Ridge, Johannesburg, 2169, Gauteng
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA88d117e60ffd55ee02384eda20f224f5a80f0f0bcfcba579f819d69d74d60b91de3653c763dc359ae5b312bf60ed783a2b3e?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R800 per nag (plek vir 2) 31 5 1 5 27 Essenhout Drive Randpark Ridge 2169 Gauteng 021 201 8901 15:00-20:00 10:00 -26.096956312391 27.962250539254

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang