The Glass Deck House
- Kapasiteit: 8 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 15:00 tot 18:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Charles te Water-straat 68, Sedgefield, 6572, Wes-Kaap
- Vanaf R3 850 per nag (plek vir 8)
Beskrywing
The Glass Deck House is 'n dubbelverdieping-vakansiehuis in Sedgefield met 'n pragtige uitsig oor die Sedgefield-strandmeer en dit is naby Wild Oats Farmers Market en Scarab Market geleë.
Die selfsorghuis bied slaapplek aan 8 gaste en beskik oor 4 slaapkamers en 3 badkamers. Die hoofslaapkamer het 'n koninggrootte-bed en die en suite-badkamer het 'n bad, toilet, wasbak en 'n stort. Die tweede slaapkamer het 'n koningingrootte-bed en die derde en vierde slaapkamer het elk 2 enkelbeddens. Die ander 2 badkamers het elk 'n stort of 'n bad, toilet en 'n wasbak.
Die ruim oopplan-huis het verskeie sitareas, 'n eetarea, 'n kombuis en 'n onderdakbalkon. Die kombuis is met 'n yskas, stoof, ketel, mikrogolfoond, broodrooster en 'n diepvrieskas toegerus.
Daar is ook 'n slim-TV, WiFi, braaigeriewe en veilige parkeerplek op die perseel.
Aktiwiteite in die omgewing sluit wynproe, perdry, voëlkyk, fietsry, begeleide staptogte, bergfietsry, swem en visvang in.
Kamer-opset
Slaapkamer
En suite
1 x Koninggrootte-bed
Stort, Bad, Toilet
Slaapkamer
1 x Koningingrootte-bed
Slaapkamer
2 x Enkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer
2 x Enkelbed / Driekwartbed
Badkamer
Stort, Bad, Toilet
Badkamer
Toilet
Dít is wat jy hier sal kry
Ontmoet jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel
4.6/5
Carene Geverifieer
Eiendomme 19
Resensies 28
Op LekkeSlaap 8 jaar
Ligging
- Charles te Water-straat 68, Sedgefield, 6572, Wes-Kaap
- Kapasiteit: 8 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 15:00 tot 18:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Charles te Water-straat 68, Sedgefield, 6572, Wes-Kaap