The Good Earth Villa 1
Kry 30% af vir verblyf wat 30 nagte of langer is. Hierdie aanbod is altyd geldig.
- Soos Gesien op Facebook
- Kapasiteit: 8 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 15:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Askopstraat 9, The Crags, Plettenbergbaai, 6602, Wes-Kaap
-
Vanaf
R4 800R3 360 per nag (plek vir 8)
Beskrywing
The Good Earth Villa 1 bied luukse selfsorgverblyf met manjifieke uitsigte oor die inheemse woud en berge in The Crags, sowat 15 minute se ry vanaf die gewilde kusdorpie Plettenbergbaai. Hierdie eiendom maak 'n ideale basis vanwaar die natuurskoon, strande en eko-aktiwiteite verken kan word wat hierdie deel van die Tuinroete so 'n gesogte en gewilde vakansiebestemming maak.
Dié villa het slaapplek vir 8 gaste en beskik oor 4 slaapkamers, 3 badkamers, 'n kombuis, 'n leefarea en 'n privaat swembad. Die hoofslaapkamer is ingerig met 'n koningingrootte-bed en beskik oor 'n en suite-badkamer met 'n bad, toilet en wasbak. Die tweede slaapkamer is ingerig met 'n dubbelbed en beide die derde en vierde slaapkamers met 2 enkelbeddens. Beide die tweede en derde badkamers is toegerus met 'n stort, toilet en wasbak.
Drie van die 4 slaapkamers het uitsigte oor die inheemse woud en Tsitsikammaberge. Die vierde slaapkamer het 'n aparte ingang en deel die badkamer met nog 'n slaapkamer op die boonste vloer.
Die oopplan-kombuis op die onderste verdieping is toegerus met 'n yskas-vrieskas, gasstoof, oond, mikrogolf, basiese eetgerei, breekware en tee- en koffiemaakgeriewe. Daar is 'n etenstafel en stoele waar gaste hul maaltye saam kan geniet. Die sitkamer is ingerig met gemaklike rusbanke, 'n platskerm-TV en 'n kaggel.
Die stapeldeure maak oop op die stoep wat verder strek na die swembad, braai-area en 'n vuurput en dek wat oor die omliggende woud en berge uitkyk. Veilige parkeerplek is op die perseel beskikbaar.
Kamer-opset
Slaapkamer
En suite
1 x Koningingrootte-bed
Bad, Toilet
Slaapkamer
1 x Dubbelbed
Slaapkamer
2 x Enkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer
2 x Enkelbed / Driekwartbed
Badkamer
Stort, Toilet
Badkamer
Stort, Toilet
Kenmerke
Geriewe
- Kinderoppasser Op Versoek
- Swembad
- Braaiplek
- Gastesitkamer
- Kombuisgeriewe
- Wasgoeddiens
- Geen Rook Binnenshuis
- Malaria-vrye streek
- Troeteldiere indien gereël
- Selfsorg
- Daaglikse Skoonmaakdiens
- Gratis WiFi
- WiFi
Aktiwiteite op perseel
- Voëlkyk
- Swem
Aktiwiteite Naby
- Perdry
- Kunsvlieghengel
- Visvang
- Baarshengel
- Voëlkyk
- Wynproe
- Fietsry
- Wildritte
- Wildkyk
- Begeleide Wandelpaaie
- Bergfietsroetes
- Swem
- Tennis
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- Onderdakparkering
- Parkering Van Die Straat Af
- Parkering Op Die Straat
Betaalopsies op Perseel
- Kontant
- Elektroniese Fondsoorplasing
Badkamer
- Bad
- En-suite
- Stort
- Seep
- Toiletware
Elektriese Toebehore
- Yskas
- Haardroër
- Strykyster
- Mikrogolfoond
- Oond
- Stoof
Vermaak
- Boeke en tydskrifte
- Tv
Resensies
Ontmoet jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel
5/5
Deborah Nuut op LekkeSlaap!
Eiendomme 3
Resensies 2
Op LekkeSlaap 9 maande
Ligging
- Askopstraat 9, The Crags, Plettenbergbaai, 6602, Wes-Kaap
- Gaste dink The Good Earth Villa 1 het ’n uitstekende ligging
- Kapasiteit: 8 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 15:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Askopstraat 9, The Crags, Plettenbergbaai, 6602, Wes-Kaap
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang