The Goodland Cottages
- Soos Gesien op Facebook
- Kapasiteit: 12 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: The Goodland Cottages, D277-weg, Winterton, Sentraal-Drakensberg, 3340, KwaZulu-Natal
- Vanaf R1 500 per nag (plek vir 2)
Beskrywing
The Goodland Cottages is op 'n privaat plaas 21 km buite Winterton in KwaZulu-Natal geleë. Dié kothuise is ideaal vir gaste wat op soek is na 'n rustige wegbreek naby verskeie besienswaardighede in die Drakensbergstreek.
Verblyf word in 4 kothuise gebied, naamlik Milk Cottage, Honey Cottage, Cottage One en Cottage Two.
Milk Cottage beskik oor 2 slaapkamers en bied slaapplek aan 4 volwassenes. Die hoof- en tweede slaapkamer het elk 'n koningingrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n stort, wasbak en 'n toilet. Ander geriewe sluit 'n kombuis met 'n yskas, 'n mikrogolfoond, tee- en koffiemaakgeriewe, 'n gasoond en 'n stoof in. Daar is ook 'n kaggel, 'n sitarea, 'n eetarea, 'n TV met DStv, Netflix en WiFi.
Honey Cottage beskik oor 2 slaapkamers en bied slaapplek aan 4 gaste. Die hoofslaapkamer het 'n koningingrootte-bed en die tweede slaapkamer het 'n dubbelbed. Elkeen het 'n en suite-badkamer met 'n stort of 'n bad, wasbak en 'n toilet. Ander geriewe sluit 'n kombuis met 'n yskas, 'n mikrogolfoond, tee- en koffiemaakgeriewe, 'n gasoond en 'n stoof in. Daar is ook 'n kaggel, 'n sitarea, 'n eetarea, 'n TV met DStv, Netflix en WiFi.
Cottage One bied slaapplek aan 2 gaste en het 'n koninggrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n stort, wasbak en 'n toilet. Ander geriewe sluit 'n kombuis met 'n yskas, 'n mikrogolfoond, tee- en koffiemaakgeriewe, 'n gasoond en 'n stoof in. Daar is ook 'n kaggel, 'n sitarea, 'n eetarea, 'n TV met DStv, Netflix en WiFi.
Cottage Two bied slaapplek aan 2 gaste en het 'n koninggrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n stort, wasbak en 'n toilet. Ander geriewe sluit 'n kombuis met 'n yskas, 'n mikrogolfoond, tee- en koffiemaakgeriewe, 'n gasoond en 'n stoof in. Daar is ook 'n kaggel, 'n sitarea, 'n eetarea, 'n TV met DStv, Netflix en WiFi.
Elke kothuis het 'n braai-area en daar is veilige parkeerplek. Die groot eiendom spog met bome wat 200 jaar oud is en vanaf 10 km ver gesien kan word. Honey Cottage en Cottage Two is troeteldiervriendelik en tot 2 goed gemaniere troeteldiere word toegelaat indien vooraf gereël.
Die Goodland Cottages is naby aktiwiteite soos stap, witwaterroei, bergklim, gholf, perdry en vierwielmotorfietsry.
Dít is wat jy hier sal kry
Resensies
Gaste se hoogtepunte
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.8/5
Maryke Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 73
Op LekkeSlaap 8 jaar
Ligging
- The Goodland Cottages, D277-weg, Winterton, Sentraal-Drakensberg, 3340, KwaZulu-Natal
- Gaste dink The Goodland Cottages het ’n uitstekende ligging
Sien meer verblyf in Champagne Vallei Drakensberge KwaZulu-Natal
- Kapasiteit: 12 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: The Goodland Cottages, D277-weg, Winterton, Sentraal-Drakensberg, 3340, KwaZulu-Natal
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang