Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

The Green House

Langtermynverblyf-aanbod 20% af

Kry 20% af vir verblyf wat 5 nagte of langer is. Hierdie aanbod is altyd geldig.

  • Soos Gesien op Instagram
  • Kapasiteit: 2 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Kruisfontein-weg, Spring Valley Retreat, Valyspruit-plaas Erfdeel 4, Dullstroom, 1110, Mpumalanga
  • Vanaf R1 900 R1 520 per nag (plek vir 2)

Beskrywing

The Green House is 'n selfsorgkothuis op die Spring Valley-plaas en bied 'n intieme wegbreek aan 'n paartjie, vriende of enkelreisigers wat op soek is na rus en vrede in 'n rustige area. Die kothuis is sowat 8 km vanaf Dullstroom geleë, maar is ver genoeg sodat gaste 'n afgeleë vakansie kan geniet.

Die moderne kothuis bied slaapplek aan 2 gaste en beskik oor 'n slaapkamer en 'n badkamer. Die slaapkamer spog met 'n lieflike uitsig oor die vallei en het 'n koningingrootte-bed. Die badkamer het 'n instapstort, toilet en 'n wasbak. Gehaltelinne word voorsien.

Die oopplan-leefarea het 'n sitarea, eetarea en 'n kombuis. Die kombuis is met 'n stoof, oond, mikrogolf, yskas-vrieskas, tee- en koffiemaakgeriewe, eetgerei en breekware toegerus. Die eetearea het 'n etenstafel vir 2 gaste en die sitarea het 'n gemaklike rusbank, koffietafel, kaggel en 'n TV. Gratis WiFi is ook beskikbaar.

Die leefarea lei na die toegeboude stoep met 'n pragtige uitsig oor die vallei se welige velde. Gaste kan piekniek in die tuin hou of in die bad ontspan. 'n KolKol-warmbad en veilige parkeerplek is ook beskikbaar. Gaste kan ook visvang, voetslaan en bergfietsry in die omgewing.

Kamer-opset

Slaapplek vir 2 mense 1 Slaapkamer 2 Badkamers

Slaapkamer

2

1 x Koningingrootte-bed

Badkamer

Stort, Toilet

Badkamer

Bad

Dít is wat jy hier sal kry

Gratis, veilige parkeerplek
WiFi
Troeteldiere op versoek
TV
Volledige kombuis
Kaggel
Braai
Warmbad

Resensies

4.9/ 5

Gebaseer op 15 resensies

Uitstekend

Netheid
4.7
Ligging
4.9
Waarde vir geld
4.8
Diens
4.9
Veiligheid
4.9
Gaste se hoogtepunte
Ruan L
Saam met lewensmaat
5.0
Excellent. Amazing location and setup.
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Des 2024
Soekie E
Saam met lewensmaat
5.0
100% lekker. Dis heerlik, die uitkyk is pragtig en die hottub is verfrissend. Sal beslis weer kom.
Nov 2024
Shannon S
Saam met lewensmaat
5.0
Rustige naweek wegbreek. Pragtige omgewing, die plek was baie skoon. Alles wat ons nodig gehad het, was daar en dit is naby aan die dorp.
Sep 2024
Leon V
Saam met lewensmaat
5.0
Beautiful landscape and wildlife. What a wonderful time, a very unique experience with privacy and security. The area and surroundings ...
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Jun 2024
Charne D
Saam met lewensmaat
5.0
Fantasties. Ek en my man het die naweek ongelooflik baie geniet. Dit is so rustig met die beste uitsig vanaf die huis. Armand was baie vriendelik en o...
Sien meer
Mei 2024

Ontmoet jou gasheer

Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel

4.8/5

Jane' Geverifieer

Eiendomme 2

Resensies 35

Op LekkeSlaap 9 jaar

Ligging

  • Kruisfontein-weg, Spring Valley Retreat, Valyspruit-plaas Erfdeel 4, Dullstroom, 1110, Mpumalanga
  • Gaste dink The Green House het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R1 900
R 1 900 R 1 520
per nag (plek vir 2)
Vanaf R1 900
R 1 900 R 1 520
per nag (plek vir 2)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 2 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Kruisfontein-weg, Spring Valley Retreat, Valyspruit-plaas Erfdeel 4, Dullstroom, 1110, Mpumalanga
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAea4d843cf441e0aef436f5a1179f7fc830b21b75822d5c062489670f8bdd895e03b12247298a0204d715f71d71a2a882d606?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 was R1 900 nouVanaf R1 520 per nag (plek vir 2) 15 5 1 5 Kruisfontein Road, Spring Valley Retreat Valyspruit Farm Portion 4 1110 Mpumalanga 021 201 8901 14:00-20:00 10:00 -25.45263740595 30.133722626534

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang