The Green Lady
- Kapasiteit: 4 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Breamhill-rylaan 15, Wild Waves Eenheid 15, Blythedale Beach, 4450, KwaZulu-Natal
- Vanaf R1 500 per nag (plek vir 4)
Beskrywing
The Green Lady bied gerieflike selfsorgverblyf in 'n duplekswoonstel wat in 'n kompleks in Blythedale Beach geleë is.
Dié duplekswoonstel is geskik vir 4 gaste en het 2 slaapkamers en 2 badkamers. Die boonste verdieping het 'n oopplan-sitarea en -kombuis. Die kombuis is met 'n yskas, oond, stoof, mikrogolf en eetgerei toegerus. Verder is daar gratis WiFi en 'n TV met sekere DStv-kanale, asook Netflix. Die sitarea lei na 'n klein balkon met 'n see-uitsig. Een van die slaapkamers is ook op die boonste verdieping en het lugversorging, 'n koningingrootte-bed en 'n en suite-badkamer.
Die tweede slaapkamer is op die onderste verdieping en het 'n koningingrootte-bed. Daar is ook 'n badkamer en studeer-area waar 'n enkelbed op versoek geplaas kan word. Die balkon op die onderste verdieping bied toegang tot die kompleks se gemeenskaplike swembad. Beide bad- en stortgeriewe is in die woonstel beskikbaar.
Daar is parkeerplek op die perseel en gaste is welkom om die gemeenskaplike swembad en braaigeriewe te benut.
Die kompleks is net 400 m van die strand af.
Blythedale Beach is 'n klein, subtropiese dorpie met 'n mooi sonsondergang en -opkoms, asook strande waarop gaste vir ure kan loop. Die strande het veilige, aangewese swem-areas en daar is 'n ryk voëllewe naby die strandmeer. Die dorp het 'n klein winkel vir basiese benodighede. Gaste sal 'n voertuig nodig hê vir inkopies in Salt Rock of Ballito, wat 22 km en 26 km ver is. Die naaste lughawe is King Shaka Internasionale Lughawe en dit is 47 km ver.
Kamer-opset
Slaapkamer
En suite
1 x Koningingrootte-bed
Stort, Toilet
Slaapkamer
1 x Koningingrootte-bed
Badkamer
Stort, Bad, Toilet
Kenmerke
Geriewe
- Swembad
- Braaiplek
- Kombuisgeriewe
- Geen Rook Binnenshuis
- Malaria-vrye streek
- Satelliet-TV
- Selfsorg
- Skoonmaakdiens Op Versoek
- Gratis WiFi
- WiFi
Aktiwiteite op perseel
- Swem
Aktiwiteite Naby
- Visvang
- Voëlkyk
- Swem
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Parkeerplek
- Veilige Parkering
Betaalopsies op Perseel
- Elektroniese Fondsoorplasing
Badkamer
- Bad
- En-suite
- Stort
- Seep
Eenheidgeriewe
- Lugversorging
Elektriese Toebehore
- Yskas
- Haardroër
- Strykyster
- Mikrogolfoond
- Oond
- Stoof
Vermaak
- Boeke en tydskrifte
- Eksklusiewe dstv
- Tv
Resensies
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.9/5
Elizabeth Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 4
Op LekkeSlaap 2 jaar
Ligging
- Breamhill-rylaan 15, Wild Waves Eenheid 15, Blythedale Beach, 4450, KwaZulu-Natal
- Gaste dink The Green Lady het ’n baie goeie ligging
Sien meer verblyf in Blythedale Noordkus KwaZulu-Natal
- Kapasiteit: 4 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Breamhill-rylaan 15, Wild Waves Eenheid 15, Blythedale Beach, 4450, KwaZulu-Natal
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang