Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

The Guineafowl

Weeksdagaanbod 25% af

Bly 4 nagte en betaal slegs vir 3 op enige bespreking wat nie 'n Vrydag- of Saterdagaand insluit nie. Geldig vir verblyf vanaf 1 Mei 2024 tot 31 Okt 2024.

  • Kapasiteit: 6 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Saffraan-singel 28, , 6503, Wes-Kaap
  • Vanaf R1 100 R825 per nag, vir 6 mense

Beskrywing

The Guineafowl is 'n vakansiewoonstel op die grondverdieping van die eienaar se huis, naby die strand in Reebok. Dié dorpie is tussen Klein-Brakrivier en Groot-Brakrivier en is net 'n entjie se ry van Hartenbos, Mosselbaai, George en George Lughawe af.

Die woonstel het 2 slaapkamers, 'n privaat ingang en is geskik vir 6 gaste. Die hoofslaapkamer het 'n koningingrootte-bed en 'n volle en suite-badkamer. Die tweede slaapkamer het 2 enkelbeddens en 'n en suite-badkamer met 'n stort. Daar is 2 enkelslaapbanke in die sitarea.

Die kombuis is met 'n yskas-vrieskas, stoof, oond, mikrogolf, wasmasjien en toonbank met stoele toegerus. Verder is daar 'n TV met DStv, oorgenoeg kragpunte en 'n piekniektafel buite.

Besienswaardighede in die area sluit die Botlierskop Wildreservaat, Reebokstrand, Kleinbrakstrand, restaurante, Oubaai Golf Estate en die Garden Route Casino in. Verder kan gaste in die area swem, voetslaan, bergfietsry, kajakvaar, visvang, valskermsweef en wynproe.

Kamer-opset

Kapasiteit: 6 Aantal kamers: 3 Aantal badkamers: 2
Slaapkamer 1
Plek vir 2 mense
1 xKoningingrootte-bed
Slaapkamer 2
Plek vir 2 mense
2 xEnkelbed / Driekwartbed
Area 1
Plek vir 2 mense
2 xEnkelslaapbank
Badkamer 1
En-suite  - Slaapkamer 1
Stort, Bad, Toilet
Badkamer 2
En-suite  - Slaapkamer 2
Stort, Toilet

Kenmerke

Afrikaans

Geriewe

  • WiFi

Hier praat ons

  • Afrikaans

Betaalopsies op Perseel

  • Elektroniese Fondsoorplasing

Badkamer

  • En-suite
  • Stort

Elektriese Toebehore

  • Yskas
  • Mikrogolfoond
  • Oond
  • Stoof

Vermaak

  • Eksklusiewe dstv
  • Tv

Resensies

4.9/ 5

Gebaseer op 34 resensies

Uitstekend

Netheid
5.0
Ligging
4.8
Waarde vir geld
4.9
Diens
4.9
Veiligheid
4.9
Wat gaste dink
Claudia M
Saam met vriende
5.0
Relaxed peaceful stay. We had a pleasant stay and the host was friendly and very helpful. He made us feel welcome.
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Mei 2024
James S
Saam met vriende
5.0
A lovely spacious place in a quiet area not far from the sea. We had a lovely time and with ample space. They are very caring and just ...
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Apr 2024
Charl V
Gesin met tieners
5.0
Ons het heerlik saam met ons kinders gekuier en sal weer kom kuier. Gasvry, skoon en netjies. Heerlik ontspanne kuier ruimte met die mooiste strande b...
Sien meer
Feb 2024
Ailsa T
Saam met lewensmaat
5.0
Comfortable and convenient - we would stay again! Etienne and Rene are welcoming and offer a wonderful service. We found the apartment ...
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Feb 2024
Deirdre V
Gesin met klein kinders
5.0
Baie mooi, netjies en skoon. Heerlik gebly! Dit was 'n stil en rustige woonbuurt en baie welkom gevoel. Sal beslis aanbeveel. Ons is hartlik verwelkom...
Sien meer
Okt 2023

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.9/5

Etienne Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 34

Op LekkeSlaap 4 jaar

Ligging

  • Saffraan-singel 28, , 6503, Wes-Kaap
  • Gaste dink The Guineafowl het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R1 100
R1 100 R825
per nag, vir 6 mense
Vanaf R1 100
R1 100 R825
per nag, vir 6 mense
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 6 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Saffraan-singel 28, , 6503, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA57a1a153492934630640f0c20398f95a61b3423b59b2d5f8872362e96fcd314d2c55d3c366e8959746cd9e77974b7761c21a?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 was R1 100 nouVanaf R825 per nag, vir 6 mense 34 5 1 5 28 Saffraan Crescent Reebok 6503 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-20:00 10:00 -34.071429637637 22.171363711639

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang