Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

The Hanover Luxury Hotel

  • Kapasiteit: 19 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Hoek van Market- en Queen-straat, Hanover, 7005, Noord-Kaap
  • Vanaf R1 600 per nag (plek vir 2)

Beskrywing

The Hanover Luxury Hotel is op die kruising van die N1- en N10-roete wat dit die ideale bestemming maak vir reisigers. Dit het 'n ontspannende atmosfeer en die fokus is op tradisionele Karoo-gasvryheid. Die Hanover is die ideale oornagblyplek vir gaste wat 'n lang dag se ry agter die rug het.

Die hotel spog met luukse dubbel- en gesinsuites met lugversorging, privaat badkamers, gemaklike beddens met gehaltelinne en koffie- en teemaakgeriewe.

Daar is 'n rits geriewe op die perseel insluitend 'n lieflike tuin met genoeg skadu en 'n sprankelende swembad. Gaste kan ook die volledig gelisensieërde kroeg en knus restaurant met 'n volledige a la carte-Karoospyskaart geniet. Die hotel het ook 'n gastesitkamer en veilige parkeerplek op die perseel.

Die prentjiemooi straatjies van Hanover spog met ou watervore, historiese geboue en 'n aantal kerke wat bydra tot die dorp se ouwêreldse bekoorlikheid. Gaste kan heerlik die straatjies van hierdie tipiese Karoodorpie platstap.

Dít is wat jy hier sal kry

Tee en koffie
Gratis, veilige parkeerplek
WiFi
Wasgoeddiens
Konferensiegeriewe
Swembad
Ontbyt beskikbaar
Restaurant op die perseel

Resensies

4.6/ 5

Gebaseer op 37 resensies

Uitstekend

Netheid
4.6
Ligging
4.4
Waarde vir geld
4.5
Diens
4.7
Veiligheid
4.7
Gaste se hoogtepunte
Jan H
Saam met lewensmaat
5.0
Uitstekend! Baie lekker. Pragtig gerenoveer. Ons het vooraf aandete en ontbyt bestel en kan net sê die lamb shanks was van-die-been-afval sag en my vr...
Sien meer
Okt 2024
Toni V
5.0
My taste to the T. Everything. It is always an awesome stay.
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Aug 2024
Irna V
Saam met lewensmaat
5.0
Uitstekende diens! Vir seker die beste gewees! Ons is op die hande gedra. Jacques het ons so vriendelik ontvang en hulle het regtig ons verblyf aangen...
Sien meer
Aug 2024
Tirza Y
5.0
Beste plek ooit. Dit was wonderlike diens gewees. Hulle het ons welkom laat voel. Die kos was wonderlik gewees. Sal beslis weer daar gaan oornag.
Jul 2024
Emma M
Saam met lewensmaat
5.0
Die span het ons so gaaf gehelp, ons het amazing gebly by die juweel in Hanover. Ons het so lekker gebly!
Jun 2024

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.6/5

Jan Sauer Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 37

Op LekkeSlaap 2 jaar

Ligging

  • Hoek van Market- en Queen-straat, Hanover, 7005, Noord-Kaap
  • Gaste dink The Hanover Luxury Hotel het ’n baie goeie ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart

Sien meer verblyf in

Hanover Karoo Noord-Kaap
Vanaf
Vanaf R 1 600
per nag (plek vir 2)
Vanaf
Vanaf R 1 600
per nag (plek vir 2)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 19 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Hoek van Market- en Queen-straat, Hanover, 7005, Noord-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA6bfb672114a01aaea948448632cf21cfbf004de6a94a26c66486400f69464b87f7e734b4469e710876527cd8a22389dd1827?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 600 per nag (plek vir 2) 37 5 1 5 Corner of Market and Queen Street Hanover 7005 Noord-Kaap 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -31.068096022061 24.444169494512

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang