Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

The Hill Estate House 24

Selfsorg
  • Kapasiteit: 8 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Ferdinandstraat, Plettenbergbaai, 6600, Wes-Kaap
  • Vanaf R2 800 per nag (plek vir 8)

Beskrywing

The Hill Estate House 24 is 'n lieflike selfsorgvakansiehuis in die hartjie van Plettenbergbaai. Dit is 'n ideale opsie vir 'n wegbreek saam met familie of 'n groep vriende aangesien dit naby die dorp is en bederf met 'n jacuzzi.

Dié dubbelverdieping-eiendom kan tot 8 gaste op 'n slag akkommodeer en beskik oor 4 slaapkamers en 2 badkamers. Die hoofslaapkamer is ingerig met 'n koningingrootte-bed, die tweede en derde slaapkamers het elkeen 'n dubbelbed en die vierde slaapkamer het 2 enkelbeddens. 'n Stort is beskikbaar in die eerste badkamer, terwyl die tweede badkamer 'n bad en 'n stort het. Alle linne en badhanddoeke word voorsien; gaste moet egter hul eie strandhanddoeke saambring.

Die oopplan-leefarea beskik oor 'n stylvolle kombuis wat volledig toegerus is met 'n gasstoof, elektriese oond, mikrogolfoond, yskas-vrieskas, eetgerei en breekware asook 'n ontbyttoonbank met stoele. Van die kombuis af lei 'n etenstafel met oorgenoeg sitplek sodat gaste hul maaltye saam kan geniet. Die sitkamer het gemaklike sitplek en 'n platskerm-TV met 'n volledige verskeidenheid DStv-kanale.

Hierdie leefarea maak oop op 'n lieflike onderdakstoep met 'n buite-eettafel, 'n ingeboude braai asook 'n jacuzzi wat die perfekte plek is vir 'n skemerkelkie terwyl die vuur brand. Die ligging van hierdie eiendom is naby die strandmeer en sowat 10 minute se ry vanaf die hoofstrand.

Kamer-opset

Kapasiteit: 8 Aantal kamers: 4 Aantal badkamers: 2
Slaapkamer 1
Plek vir 2 mense
1 xKoningingrootte-bed
Slaapkamer 2
Plek vir 2 mense
1 xDubbelbed
Slaapkamer 3
Plek vir 2 mense
1 xDubbelbed
Slaapkamer 4
Plek vir 2 mense
2 xEnkelbed / Driekwartbed
Badkamer 1

Stort, Toilet
Badkamer 2

Stort, Toilet

Kenmerke

Afrikaans
Jacuzzi
Braaiplek
Veilige Parkering

Geriewe

  • Jacuzzi
  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg

Aktiwiteite Naby

  • Visvang
  • Wynproe
  • Wildritte
  • Swem

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Parkeerplek

  • Veilige Parkering

Betaalopsies op Perseel

  • Elektroniese Fondsoorplasing

Badkamer

  • Bad
  • Stort

Elektriese Toebehore

  • Yskas
  • Mikrogolfoond
  • Oond
  • Stoof

Vermaak

  • Eksklusiewe dstv
  • Tv

Ontmoet jou gasheer

Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel

4.9/5

Janine Geverifieer

Eiendomme 4

Resensies 3

Op LekkeSlaap 5 jaar

Ligging

  • Ferdinandstraat, Plettenbergbaai, 6600, Wes-Kaap
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R2 800
per nag (plek vir 8)
Vanaf
Vanaf R2 800
per nag (plek vir 8)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 8 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Ferdinandstraat, Plettenbergbaai, 6600, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA23484a0753890a76757d80ebe457c35fe46452391dc48834eac92b379ec9f828ac5a9f8eaf72ab7ee22c9c2f807c04bc29a4?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R2 800 per nag (plek vir 8) Ferdinand Street Plettenberg Bay 6600 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-18:00 10:00 -34.041446190052 23.364814381437

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang