The Hyde
- Kapasiteit: 6 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 15:00 tot 20:00
Uitkloktyd: 11:00 - Adres: Swartwitpens-weg 2699, Marlothpark, 1322, Mpumalanga
- Vanaf R2 600 per nag (plek vir 6)
Beskrywing
The Hyde is 'n lieflike selfsorghuis in die hartjie van Marlothpark, buite Komatipoort. Hierdie verblyf is ideaal vir vriende en familie wat op soek is na 'n ontspannende omgewing vanwaar hulle die omliggende natuur kan verken en geniet, of diegene wat op soek is na verblyf op pad na Mosambiek.
Dié huis het slaapplek vir 6 gaste en beskik oor 3 slaapkamers met en suite-badkamers. Daar is 2 matrasse met beddegoed wat op versoek vir kinders onder 12 jaar voorsien kan word. Elke slaapkamer het 'n koningingrootte-bed en lugversorging. Die eerste slaapkamer met toegang tot die stoep by die swembad het 'n en suite-badkamer met 'n bad, stort, wasbak en toilet, terwyl die oorblywende 2 slaapkamers en suite-badkamers met 'n stort het.'n Bababed- en bad is op versoek beskikbaar. Die tweede slaapkamer lei na buite en bied 'n uitsig oor die bosveld en The Little Hyde. Linne, badhanddoeke en swemhanddoeke word voorsien.
Die oopplan-kombuis is met 'n yskas-vrieskas, gasstoof, oond, mikrogolf, skottelgoedwasser, wasmasjien, eetgerei, breekware, 'n strykplank en -yster, tee- en koffiemaakgeriewe en 'n toonbank met stoele toegerus. Die sitarea het gemaklike sitplek en 'n slim-TV met DStv Now. Die leefarea lei na 'n onderdakstoep met 'n ingeboude braai en 'n etenstafel met 'n uitsig oor The Little Hyde, 'n kinderspeelarea met 'n klimraam, swaaie en 'n glyplank vir kinders. WiFi is ook beskikbaar.
The Hyde het ook 'n sonkrag- en rugsteunwaterstelsel.
Gaste het toegang tot 'n privaat plonspoel, sonstoele, 'n vuurput en veilige parkeerplek op die perseel. Geriewe soos eetplekke is in Marlothpark in Olifantstraat beskikbaar. Gaste het ook toegang tot geriewe soos winkels en restaurante in Emjejane (Hectorspruit) wat sowat 23,7 km ver is en in Malelane wat sowat 41,4 km ver is. Die Krokodilbrughek na die Krugerwildtuin is ongeveer 19,6 km ver.
Kamer-opset
Slaapkamer
En suite
1 x Koningingrootte-bed
Stort, Bad, Toilet
Slaapkamer
En suite
1 x Koningingrootte-bed
Stort, Toilet
Slaapkamer
En suite
1 x Koningingrootte-bed
Stort, Toilet
Leefarea
1 x Kinderbedjie
1 x Kindermatras vir 2
Kenmerke
Geriewe
- Swembad
- Begeleide Wildritte as Ekstra
- Braaiplek
- Kombuisgeriewe
- Geen Rook Binnenshuis
- Selfsorg
- Gratis WiFi
- WiFi
Aktiwiteite op perseel
- Voëlkyk
- Wildkyk
- Swem
Aktiwiteite Naby
- Groot 5
- Voëlkyk
- Wildritte
- Swem
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- Onderdakparkering
Badkamer
- Bad
- En-suite
- Stort
Eenheidgeriewe
- Lugversorging
- Eetkamer
- Verekombers
Elektriese Toebehore
- Yskas
- Haardroër
- Strykyster
- Mikrogolfoond
- Oond
- Stoof
Vermaak
- Eksklusiewe dstv
- Tv
Ligging
- Swartwitpens-weg 2699, Marlothpark, 1322, Mpumalanga
Sien meer verblyf in Marlothpark Nasionale Krugerwildtuin Suid Mpumalanga
- Kapasiteit: 6 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 15:00 tot 20:00
Uitkloktyd: 11:00 - Adres: Swartwitpens-weg 2699, Marlothpark, 1322, Mpumalanga
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang