The Judge’s House @ Inversanda Farm Cottages
- Kapasiteit: 10 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Petrus Stroom-weg, Plaas 29, Dargle, 3265, KwaZulu-Natal
- Vanaf R5 000 per nag, vir 10 mense
Beskrywing
The Judge's House @ Inversanda Farm Cottages is 'n plattelandse hawe vir liefhebbers in die pragtige Dargle-vallei in die Middellande van KwaZulu-Natal. Hierdie plaas is in die bevoorregte posisie om reg aan die einde van die pad geleë te wees; 'n plek om te ontspan en die vrede en rustigheid te geniet.
Dié kothuis is een van 3 op die perseel en kan tot 10 gaste op 'n slag gemaklik akkommodeer aangesien dit oor 5 slaapkamers en 3 badkamers beskik. Die hoofslaapkamer is ingerig met 'n koninggrootte-bed en die en suite-badkamer het 'n bad en 'n stort. Die tweede slaapkamer het 2 enkelbeddens en 'n en suite-stort. Nog 2 slaapkamers het elk 2 enkelbeddens en die vyfde slaapkamer het 'n koningingrootte-bed. 'n Bad is beskikbaar in die derde badkamer.
Die oopplan-leefarea beskik oor 'n kombuis wat volledig toegerus is met 'n stoof, oond, mikrogolf, yskas-vrieskas, skottelgoedwasser, eetgerei en breekware asook tee- en koffiemaakgeriewe. Vanuit hierdie kombuis lei 'n etenstafel waar gaste hul maaltye saam kan geniet. Die knus sitarea het gemaklike sitplek en 'n kaggel.
Buite is 'n privaat patio met 'n buite-etenstafel en braaigeriewe wat 'n wonderlike plek is vir gaste om te ontspan en 'n skemerkelkie te geniet terwyl hulle die omliggende plaas bewonder. Inversanda is 15 minute vanaf Midmar Dam, die tuiste van die bekende Midmar Mile, geleë. Dit neem minder as 5 uur om die plaas vanaf Johannesburg te bereik en net minder as 1,5 uur vanaf Durban.
Kamer-opset
Slaapkamer
En suite
1 x Koninggrootte-bed
Stort, Bad, Toilet
Slaapkamer
En suite
2 x Enkelbed / Driekwartbed
Stort, Toilet
Slaapkamer
2 x Enkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer
2 x Enkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer
1 x Koningingrootte-bed
Badkamer
Bad, Toilet
Dít is wat jy hier sal kry
Ontmoet jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel
4.9/5
Lucinda Geverifieer
Eiendomme 3
Resensies 16
Op LekkeSlaap 5 jaar
Ligging
- Petrus Stroom-weg, Plaas 29, Dargle, 3265, KwaZulu-Natal
Sien meer verblyf in Midlands Meander KwaZulu-Natal
- Kapasiteit: 10 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Petrus Stroom-weg, Plaas 29, Dargle, 3265, KwaZulu-Natal
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang