The Kliphuis
- Gratis kansellasie tot 24 uur voor jou verblyf!
- Soos Gesien op Instagram
- Kapasiteit: 8 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Moose Valley Natuurreservaat, 12 km buite Vanwyksdorp, 6690, Wes-Kaap
- Vanaf R2 550 per nag, vir 8 mense
Beskrywing
The Kliphuis is 'n selfsorgkothuis in die Moose Valley Natuurreservaat sowat 12 km buite Vanwyksdorp.
Die Klipkothuis bied verblyf aan 8 gaste en beskik oor 4 slaapkamers met 2 badkamers. Die eerste en tweede slaapkamer het elkeen 'n koningingrootte-bed, en die derde slaapkamer het 'n dubbelbed. Die vierde slaapkamer is 'n solderarea met 2 enkelbeddens en 2 matrasse is ook beskikbaar.
Die oopplan-kombuis is goed toegerus en het 'n yskas-vrieskas, tweeplaatstoof, ysmasjien, koffiemasjien, broodrooster, breekware, eetgerei, 'n wasmasjien, tuimeldroër en 'n ingeboude braai-area wat as 'n kaggel gebruik kan word. Die aangrensende leefarea het 'n eetkamertafel en 'n bank.
Die leefarea lei na 'n ruim onderdakstoep met ingeboude braaigeriewe en 'n buite-etenstafel. Die stoep bied 'n pragtige uitsig oor die ongerepte natuurreservaat en Grootrivier wat na die Gourits kronkel.
Moose Valley beslaan sowat 7000 ha en bestaan uit meer as 30 individuele plase. Die prentjiemooi valleie, berge en Gwarrieveld skuil in 'n ongerepte landskap tussen Towerkop, die Swartberg, die Langeberg- en die Kamanassie-bergreeks.
Die Kliphuis word op eie risiko gebruik. Wees bewus van wilde diere, vloede, kranse en trappe.
Troeteldiere word ongelukkig nie toegelaat nie.
Kamer-opset
Slaapkamer
En suite
1 x Koningingrootte-bed
Stort, Toilet
Slaapkamer
En suite
1 x Koningingrootte-bed
Stort, Toilet
Slaapkamer
1 x Dubbelbed
Slaapkamer
2 x Enkelbed / Driekwartbed
Leefarea
2 x Kindermatras vir 1
Badkamer
Stort, Toilet
Kenmerke
Geriewe
- Braaiplek
- Kombuisgeriewe
- Malaria-vrye streek
- Selfsorg
- Skoonmaakdiens Op Versoek
Aktiwiteite op perseel
- Kunsvlieghengel
- Visvang
- Baarshengel
- Voëlkyk
- Fietsry
- Wildkyk
- Bergfietsroetes
- Swem
Aktiwiteite Naby
- Kunsvlieghengel
- Visvang
- Baarshengel
- Voëlkyk
- Wynproe
- Fietsry
- Bergfietsroetes
- Swem
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Parkeerplek
- Veilige Parkering
Betaalopsies op Perseel
- Elektroniese Fondsoorplasing
Badkamer
- En-suite
- Aparte toilet
- Stort
- Seep
- Toiletware
Eenheidgeriewe
- Lugversorging
- Eetkamer
- Verekombers
- Waaier
- Kaggel
Elektriese Toebehore
- Yskas
- Haardroër
- Mikrogolfoond
- Stoof
Resensies
Gaste se hoogtepunte
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.9/5
Jacques Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 41
Op LekkeSlaap 6 jaar
Ligging
- Moose Valley Natuurreservaat, 12 km buite Vanwyksdorp, 6690, Wes-Kaap
- Gaste dink The Kliphuis het ’n uitstekende ligging
Sien meer verblyf in Klein-Karoo Wes-Kaap
- Gratis kansellasie tot 24 uur voor jou verblyf!
- Kapasiteit: 8 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Moose Valley Natuurreservaat, 12 km buite Vanwyksdorp, 6690, Wes-Kaap
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang