The Lazy Leopard Lodge
- Kapasiteit: 10 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 15:00 tot 20:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Kanniedood-straat 540, Hoedspruit Wildlife Estate, Hoedspruit, 1380, Limpopo
- Vanaf R10 200 per nag (plek vir 10)
Beskrywing
The Lazy Leopard Lodge bied moderne selfsorg-verblyf in die Hoedspruit Wildlife Estate in Hoedspruit. Dié luukse vakansiehuis spog met gerieflike argitektuur wat 'n industriële styl aanneem, met metaalbalke en ontblote baksteenmure, asook 'n hoë grasdak en boekrakke wat van die vloer tot die plafon strek.
Dié dubbelverdiepinghuis beskik oor 'n hooflodge met 2 en suite-slaapkamers. Elke slaapkamer het 'n koningggrootte-bed wat ook in 2 enkelbeddens omskep kan word. Die en suite-badkamer het 'n stort en 'n groot bad, asook 'n buitestort in 'n privaat binnehof wat deur die badkamer bereik kan word. Die solderslaapkamerarea het 2 enkelbeddens en 'n gastebadkamer wat gaste kan gebruik. Die derde en vierde slaapkamers is in 'n aparte gebou 20 m van die hooflodge af en elkeen het 'n aparte ingang met 'n en suite-badkamer met 'n binne- en buitestorte in die privaat binnehof. Al die slaapkamers is groot genoeg sodat enkelbeddens op die solder geskuif kan word om dit vir kleiner kinders gerieflik te maak.
Die kombuis en opwaskamer is volledig met gehalte-toestelle, kook, breekware en eetgerei toegerus. Die sitarea spog met 'n paar ontspanningsareas met gemaklike sitplek binne en buite. Die hoofleefarea het 'n biblioteek, bordspeletjies, legkaarte en speelgoed vir kinders. daar is ook 'n TV met Netflix, Prime Video en 'n Apple-app waarop flieks en reekse gestroom kan word.
Die verblyf het ook 'n omsetter in die geval van beurtkrag.
Die oopplan-uitleg van die hoofleefarea lei na 'n stoep met stoepmeubels, braaigeriewe by die boma en 'n swembad op die dek. Verder is daar ook optiesevesel-internet en veilige parkeerplek vir drie voertuie.
Die Hoedspruit Wildlife Estate is die tuiste van 'n verskeidenheid wild met luiperds wat gereeld gesigwys. Die afwesigheid van olifante, buffels, leeus en renosters laat gaste toe om die landgoed se groenstrook te voet, per fiets of op 'n perd te verken. Die voetslaan- en fietsryroetes op die groenstrook is duidelik gemerk en daar is 3 damme met 'n oorvloed voëllewe. Gaste kan ook in hul eie voertuie wildkyk op die toegekende roetes.
Kamer-opset
Slaapkamer
En suite
1 x Koninggrootte-bed
Stort, Toilet met bidet
Slaapkamer
En suite
1 x Koninggrootte-bed
Stort, Toilet met bidet
Slaapkamer
En suite
1 x Koninggrootte-bed
Stort, Bad, Toilet met bidet
Slaapkamer
En suite
1 x Koninggrootte-bed
Stort, Bad, Toilet met bidet
Slaapkamer
2 x Enkelbed / Driekwartbed
Badkamer
Stort, Toilet met bidet
Dít is wat jy hier sal kry
Ontmoet jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel
4.8/5
Anet Geverifieer
Eiendomme 9
Resensies 10
Op LekkeSlaap 2 jaar
Ligging
- Kanniedood-straat 540, Hoedspruit Wildlife Estate, Hoedspruit, 1380, Limpopo
Sien meer verblyf in Hoedspruit Kruger tot Canyons Limpopo
- Kapasiteit: 10 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 15:00 tot 20:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Kanniedood-straat 540, Hoedspruit Wildlife Estate, Hoedspruit, 1380, Limpopo
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang