The Library
- Kapasiteit: 6 persone
- Geen kinders onder 13
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Wilhelminastraat 16, Franschhoek, 7690, Wes-Kaap
- Vanaf R11 165 per nag, vir 6 mense
Beskrywing
The Library word deur 2 reuse-jakanrandas en ou eikebome geraam en bied selfsorgverblyf in 'n indrukwekkende dubbelverdiepinghuis. Dit skuil in 'n rustige, stil hoekie van die dorp, maar is net 'n paar minute se stap van die bedrywige hoofstraat af. Die huis is die ideale basis om die vallei en streek te verken.
The Library bied ruim, stylvolle verblyf vir 6 volwassenes in 3 en suite-slaapkamers. The Library is geïnspireer deur bekende ontdekkingsreisigers deur die eeue en loop oor van luukshede, verrassings en bekoring.
Die eerste slaapkamer het 'n koninggrootte-bed en die tweede en derde slaapkamers het elkeen 2 enkelbeddens wat as 'n koninggrootte-bed opgemaak kan word. Daar is 2 ruim en suite-badkamers op die hoofhuis se onderste verdieping, elk met 'n bad, stort en 'n dubbelwasbak. Albei badkamers het groot stapeldeure wat op die onderdakpatio oopmaak en oor die tuin en swembad uitkyk.
The Library se unieke boonste leefarea is 'n plaasstal-tipe ruimte wat keurig ingerig is. Dit bied toegang tot 'n dek met 'n uitsig op die berge en oor die wingerde aan die suid-westelike kant van die Franschhoekvallei. Lig stroom die vertrek deur vensters op al 4 mure binne, asook deur 'n groot, sentrale dakvenster bo die trap wat aan 'n skeepsvenster herinner.
Die sentrale trap skei die boonste leefarea sodat die eetarea en kombuis apart van die gemaklike sitplek en kaggel in die sitarea gehou word. Daar is 'n lang dubbellessenaar wat deur die vensters oor die Franschhoekpas uitkyk.
Die moderne kombuis is toegerus met die allerbeste Le Creuset-kookgerei, 'n gasstoof, oond en skottelgoedwasser. Die oorspronklike etenstafel het 'n ingeboude lig onder die onikssteen-detail wat 'n besonderse effek skep. Daar is 'n tweede etenstafel op die dek, 'n ingeboude braai, bankies met kussings en gemaklike pouffe-kussings. Die gastebadkamer, stoorkamer, waskamer en 2 slaapkamers word deur 'n gang op die onderste verdieping bereik. Daar is 'n aparte swembadkothuis met 'n en suite-slaapkamer in die lowerryke tuin.
Kamer-opset
Slaapkamer
En suite
1 x Koninggrootte-bed
Stort, Bad, Toilet
Slaapkamer
En suite
1 x Koninggrootte-bed
Stort, Bad, Toilet
Slaapkamer
En suite
1 x Koninggrootte-bed
Stort, Toilet
Kenmerke
Geriewe
- ADSL-lyn
- Lughawe-pendeldiens Op Versoek
- Kinderoppasser Op Versoek
- Swembad
- Braaiplek
- Kombuisgeriewe
- Geen Rook Binnenshuis
- Persoonlike Kluis
- Selfsorg
- Gratis WiFi
- WiFi
Aktiwiteite op perseel
- Swem
Aktiwiteite Naby
- Perdry
- Voëlkyk
- Wynproe
- Fietsry
- Begeleide Wandelpaaie
- Bergfietsroetes
- Swem
- Tennis
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Parkeerplek
- Parkering Op Die Straat
Betaalopsies op Perseel
- Kontant
Badkamer
- Bad
- En-suite
- Aparte toilet
- Stort
- Seep
- Toiletware
Eenheidgeriewe
- Lugversorging
- Eetkamer
- Elektriese kombers
- Kluis
- Ondervloerse verhitting
Elektriese Toebehore
- Yskas
- Haardroër
- Strykyster
- Mikrogolfoond
- Oond
- Stoof
Vermaak
- Boeke en tydskrifte
- Dvd
- Eksklusiewe dstv
- Tv
Ontmoet jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel
4.9/5
Jo Geverifieer
Eiendomme 7
Resensies 11
Op LekkeSlaap 5 jaar
Ligging
- Wilhelminastraat 16, Franschhoek, 7690, Wes-Kaap
Sien meer verblyf in Franschhoek Boland Wes-Kaap
- Kapasiteit: 6 mense
- Geen kinders onder 13
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Wilhelminastraat 16, Franschhoek, 7690, Wes-Kaap
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang