The Tented Log Cabin
- Soos Gesien op Facebook
- Kapasiteit: 2 persone
- Geen kinders onder 13
-
Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
Uitkloktyd: 11:00 - Adres: Langs die R511, Erfdeel 31, Thabazimbi, 0380, Limpopo
- Vanaf R3 025 per nag (plek vir 2)
Beskrywing
The Tented Log Cabin is heeltemal buite die rooster in die bosveld geleë en is 'n skilderagtige boomhuis wat 'n unieke verblyf bied aan diegene wat 'n rustige en ontspanne wegbreek in Thabazimbi wil hê.
Dié drieverdieping-boomhuis bied gerieflike slaapplek vir 2 gaste op 'n slag en beskik oor 'n ruim slaapkamer op die eerste verdieping wat ingerig is met 'n koninggrootte-bed wat deur 'n muskietnet bedek is. Hierdie slaapkamer het 'n rusbank, baie kasspasie asook kwaliteit linne en badhanddoeke. 'n Stort is beskikbaar asook 'n aparte toilet en 'n ooplug-wasbak.
Die leefarea beslaan die grondvlak en beskik oor 'n kombuisie wat toegerus is met 'n gasstoof, elektriese oond, yskas-vrieskas, koffiemasjien, eetgerei en breekware asook 'n ysmasjien. Hierdie boomhuis het geen WiFi of TV nie, sodat gaste heeltemal kan ontkoppel en ontspan.
Die grondvlak van die boomhuis beskik oor 'n swembad met hangstoele en sonstoele terwyl die boonste vlak 'n opelug-uitsigpunt met sitplek en hangmatte bied wat perfek oor die swembadarea strek en oor die omliggende plase uitkyk.
Neem asseblief kennis dat die bykomende bergtop-venue, piekniekplek en boomkroeg teen 'n addisionele koste verhuur kan word aangesien hierdie areas eksklusief vir privaat gebruik is.
Neem asseblief kennis dat dit 'n ooplugarea is en swaar reënval sal moontlik 'n impak op die gaste se verblyf hê. Kansellasiebeleide geld en geen terugbetalings sal gegee word sou die weer skielik verander nie.
Kamer-opset
Slaapkamer
1 x Koninggrootte-bed
Badkamer
Stort, Toilet
Kenmerke
Geriewe
- Swembad
- Begeleide Wildritte as Ekstra
- Braaiplek
- Kombuisgeriewe
- Geen Rook Binnenshuis
- Selfsorg
Aktiwiteite op perseel
- Voëlkyk
- Fietsry
- Wildritte
- Wildkyk
- Begeleide Wandelpaaie
- Bergfietsroetes
- Swem
Aktiwiteite Naby
- Fietsry
- Wildritte
- Wildkyk
- Begeleide Wandelpaaie
- Bergfietsroetes
- Swem
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Parkeerplek
- Veilige Parkering
Betaalopsies op Perseel
- Visa
- Mastercard
- Kontant
- Elektroniese Fondsoorplasing
Badkamer
- Aparte toilet
- Stort
Eenheidgeriewe
- Elektriese kombers
Elektriese Toebehore
- Yskas
- Oond
- Stoof
Resensies
Ontmoet jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel
4.7/5
Lounize Geverifieer
Eiendomme 11
Resensies 30
Op LekkeSlaap 2 jaar
Ligging
- Langs die R511, Erfdeel 31, Thabazimbi, 0380, Limpopo
- Gaste dink The Tented Log Cabin het ’n uitstekende ligging
Sien meer verblyf in Thabazimbi Waterberg Limpopo
- Kapasiteit: 2 mense
- Geen kinders onder 13
-
Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
Uitkloktyd: 11:00 - Adres: Langs die R511, Erfdeel 31, Thabazimbi, 0380, Limpopo
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang