Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

The Log House

Selfsorg
  • Kapasiteit: 6 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 23:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Langs die R43, Pearly Beach, Gansbaai, 7220, Wes-Kaap
  • Vanaf R2 000 per nag (plek vir 6)

Beskrywing

The Log House is in die idilliese kusdorpie Pearly Beach geleë. Dit is 'n bekoorlike selfsorghut wat met 'n asemrowende stranduitsig spog. Hierdie huis is perfek vir die hele gesin of 'n groep vriende wat op soek is na 'n rustige toevlugsoord.

Dié smaakvol ontwerpte huis bied slaapplek aan 6 gaste en beskik oor 3 slaapkamers en 3 badkamers. Die eerste en tweede slaapkamers het elk 'n koninggrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n bad, stort, toilet en 'n wasbak. Hierdie slaapkamers het 'n kaggel en spog met 'n uitsig oor die see. Die laaste slaapkamer het 2 enkelbeddens en 'n en suite-badkamer met 'n stort, toilet en 'n wasbak. Gehaltelinne en badhanddoeke word voorsien, maar gaste moet hul eie strandhanddoeke saambring.

Die oopplan-leefarea beskik oor 'n sitarea, eetarea en 'n kombuis. Die kombuis is met 'n gasstoof, yskas-vrieskas, koffie- en teemaakgeriewe, eetgerei en breekware toegerus. Die sitarea het 'n gerieflike sitkamerstel, koffietafel en 'n ingeboude braai. Die eetarea het 'n etenstafel met sitplek vir 8.

Wanneer gaste die skuifdeure oopmaak kan hul in die rustige skoonheid van die welige tuin ontspan en 'n lieflike buitelug-eetervaring op die stoep geniet. Hiér kan gaste deur 'n asemrowende see-uitsig betower word. Hierdie huis bied direkte toegang tot die strand. Gaste kan wateraktiwiteite soos visvang en swem geniet of net op die strand stap.

Kamer-opset

Kapasiteit: 6 Aantal kamers: 3 Aantal badkamers: 4
Slaapkamer 1
Plek vir 2 mense
1 xKoninggrootte-bed
Slaapkamer 2
Plek vir 2 mense
1 xKoninggrootte-bed
Slaapkamer 3
Plek vir 2 mense
2 xEnkelbed / Driekwartbed
Badkamer 1
En-suite  - Slaapkamer 1
Stort, Bad, Toilet
Badkamer 2
En-suite  - Slaapkamer 2
Stort, Bad, Toilet
Badkamer 3
En-suite  - Slaapkamer 3
Stort, Toilet
Badkamer 4

Toilet

Kenmerke

Afrikaans
Braaiplek
Veilige Parkering

Geriewe

  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Selfsorg

Aktiwiteite op perseel

  • Visvang
  • Swem

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Visvang
  • Voëlkyk
  • Wynproe
  • Fietsry
  • Bergfietsroetes
  • Swem

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Parkeerplek

  • Veilige Parkering

Betaalopsies op Perseel

  • Elektroniese Fondsoorplasing

Badkamer

  • Bad
  • En-suite
  • Aparte toilet
  • Stort

Eenheidgeriewe

  • Kaggel

Elektriese Toebehore

  • Yskas
  • Stoof

Ontmoet jou gasheer

Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel

4.7/5

Sanmarie Geverifieer

Eiendomme 23

Resensies 38

Op LekkeSlaap 5 jaar

Ligging

  • Langs die R43, Pearly Beach, Gansbaai, 7220, Wes-Kaap
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R2 000
per nag (plek vir 6)
Vanaf
Vanaf R2 000
per nag (plek vir 6)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 6 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 23:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Langs die R43, Pearly Beach, Gansbaai, 7220, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA22657be9a6690b6fd00f572764d7431cca175df1eff3bf59660d788a80f02bc113c13c8102d6df97886486c745fb25f7b475?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R2 000 per nag (plek vir 6) Off the R43 Pearly Beach 7220 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-23:00 10:00 -34.672898 19.526585

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang