Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

The Manna House Cottages

  • Kapasiteit: 19 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 15:00 tot 18:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Orchard-laan 6, Hogsback, 5721, Oos-Kaap
  • Vanaf R850 per nag (plek vir 2)

Beskrywing

The Manna House Cottages bied gerieflike selfsorgverblyf op 'n plaas in Hogsback in die Oos-Kaap. Die kothuise word deur appelbome omring en is die ideale wegbreek vir diegene wat uit die stadsgedruis wil ontsnap.

Verblyf word in 4 pragtige kothuise gebied en elkeen beskik oor 'n goed toegeruste kombuis, sitarea, eetarea en 'n kaggel. Die kamers het gemaklike beddens, sagte duvets, skoon linne en privaat ingange.

The Manna House is 'n ou plaashuis wat slaapplek aan 4 volwassenes en 2 kinders of 5 volwassenes bied. Die hoofslaapkamer het 'n koninggrootte-bed en die tweede slaapkamer het 'n dubbelbed. Daar is 'n dagbed in die leefarea vir 2 kinders of 1 volwassene. Gaste deel 2 badkamers met 'n stort, wasbak en 'n toilet.

Die kombuis is met 'n yskas-vrieskas, gasstoof, oond, mikrogolf, broodrooster, eetgerei en breekware toegerus. Die oopplan-leefarea het gemaklike rusbanke, 'n binnenshuise kaggel, 'n hoeklessenaar, 'n eetarea, 'n pooltafel, 'n binnebraai en 'n gasbraai. Die glasdeure maak na die tuin met 'n vuurput en pragtige uitsigte oor The Three Hogs en Tor Doone oop.

Die welige tuin is die perfekte plek om te ontspan. Gaste het toegang tot braaigeriewe en veilige parkeerplek. Aktiwiteite in die omgewing sluit bergfietsry en voetslaan in.

Kenmerke

Braaiplek
Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • ADSL-lyn
  • 24-uur Ontvangs
  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Wasgoeddiens
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Selfsorg
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite op perseel

  • Voëlkyk

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Kunsvlieghengel
  • Visvang
  • Forelhengel
  • Voëlkyk
  • Wynproe
  • Fietsry
  • Begeleide Wandelpaaie
  • Bergfietsroetes
  • Swem

Hier praat ons

  • Engels

Konferensiegeriewe

  • Internet
  • Televisie

Parkeerplek

  • Veilige Parkering

Betaalopsies op Perseel

  • Visa
  • Mastercard
  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Resensies

4.7/ 5

Gebaseer op 16 resensies

Uitstekend

Netheid
4.8
Ligging
4.7
Waarde vir geld
4.7
Diens
4.6
Veiligheid
4.8
Gaste se hoogtepunte
Stacey V
Gesin met klein kinders
5.0
Safe and relaxing. My stay was amazing, very safe and relaxing.
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Aug 2024
Wendy W
Gesin met tieners
5.0
Perfect for our needs. Relaxed and most enjoyable.
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Jul 2024
Siliziwe M
Gesin met tieners
5.0
We enjoyed our stay. It was amazing 100%.
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Jun 2024
Elanie B
Gesin met tieners
5.0
Lekker verblyf in Hogsback. Netjies en skoon, goeie beddens en beddegoed. Die huis is mooi gemeubileer en het alles wat 'n mens sal nodig kry.
Jun 2024
Michelle H
Gesin met tieners
5.0
Peaceful and relaxing getaway. Our hosts were amazing. They made sure we were comfortable and gave us useful information about Hogsback...
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Jun 2024

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.7/5

Sonwabiso Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 16

Op LekkeSlaap 1 jaar

Ligging

  • Orchard-laan 6, Hogsback, 5721, Oos-Kaap
  • Gaste dink The Manna House Cottages het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R 850
per nag (plek vir 2)
Vanaf
Vanaf R 850
per nag (plek vir 2)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 19 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 15:00 tot 18:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Orchard-laan 6, Hogsback, 5721, Oos-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA64d55080d3baa7dc236f8f7d78d6fbd187ffed65a1bacdcd19bbbd20b59b92d4062af295e006298c72bad53a59c37a174388?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R850 per nag (plek vir 2) 16 5 1 5 6 Orchard Lane Hogsback 5721 Oos-Kaap 021 201 8901 15:00-18:00 10:00 -32.59349902132 26.927013544462

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang