Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

The Manor House

Hotel
  • Kapasiteit: 8 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Portswood-keeromstraat, Portswood Ridge, V&A Waterfront, Kaapstad, 8001, Wes-Kaap
  • Vanaf R10 745 per nag (plek vir 2)

Beskrywing

The Manor House is in 'n bekoorlike hoekie van Kaapstad se V&A Waterfront, oorkant die Queen Victoria Hotel geleë. Die area rondom dié boetiekhotel bied 'n oorvloed aktiwiteite, maar The Manor House self is 'n sjiek toevlugsoord.

Die boetiekhotel is versier met subtiele elemente van die ou Engelse dekorstyl wat deur moderne elemente gekomplimenteer word. Elegante dubbeldeure bied toegang tot 'n stylvolle omgewing waar gaste met 'n warm verwelkoming begroet sal word.

Verblyf is beskikbaar in 4 ruim, luukse suites, elk met 'n privaat stoep of 'n Juliet-balkon. Die suites bied 'n uitsig op Tafelberg en oor die stad en is met moderne meubels en helder kleure versier.

Die suites het ook elk 'n koninggrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n bad en 'n stort, en daar is 'n TV met sekere DStv-kanale, 'n yskassie, komplimentêre koffie, tee en koekies, asook lugversorging, ondervloerverhitting in die badkamer, verhitte handdoekrelings, badkamerjaponne en pantoffels, 'n haardroër, internasionale kragpunte en 'n elektroniese kluis in elke kamer.

Die hotel het sy eie eetkamer met sitplek vir 4 gaste en Newmark se ander Waterfront-persele bied verdere, verrykende ete-ervarings, insluitend fynproewersmaaltye by Dash of 'n heilsame ete by Ginja. Gaste kan ontbyt by een van hierdie eiendomme geniet teen geen ekstra koste nie wanneer hulle op 'n B&B-basis bespreek.

Die kosmopolitaanse distrik, wat deur die Atlantiese Oseaan en Tafelberg geraam word, bied topklas-restaurante en winkels, asook een van Afrika se besigste hawes wat 'n lewendige atmosfeer aan die area verleen.

Geriewe

  • Geen Rook Binnenshuis
  • Persoonlike Kluis
  • Satelliet-TV

Aktiwiteite Naby

  • Visvang
  • Voëlkyk
  • Wynproe
  • Fietsry
  • Bergfietsroetes
  • Swem

Hier praat ons

  • Engels

Maaltye Aangebied

  • Ontbyt

Ontmoet jou gasheer

Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel

4.5/5

Newmark Geverifieer

Eiendomme 12

Resensies 8

Op LekkeSlaap 9 jaar

Ligging

  • Portswood-keeromstraat, Portswood Ridge, V&A Waterfront, Kaapstad, 8001, Wes-Kaap
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R 10 745
per nag (plek vir 2)
Vanaf
Vanaf R 10 745
per nag (plek vir 2)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 8 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Portswood-keeromstraat, Portswood Ridge, V&A Waterfront, Kaapstad, 8001, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA9eaea9ffa68653d62ea2fc1532b58a095f135ba99abbc5c118b8ad94bac177880115fce8a66eab6993c150de7f14b966266f?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R10 745 per nag (plek vir 2) Portswood Close, Portswood Ridge V&A Waterfront 8001 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -33.905953347377 18.41844184643

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang