The Manson's 92 on New
- Kapasiteit: 2 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 15:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 11:00 - Adres: New-weg 92, Carlswald, Midrand, 1684, Gauteng
- Vanaf R1 092 per nag (plek vir 2)
Beskrywing
The Manson's 92 on New bied kort- en langtermyn-selfsorgverblyf in 'n ruim woonstel in Carlswald, Midrand. Hierdie area is as 'n vallei tussen Johannesburg en Pretoria bekend. Dit is die perfekte opsie vir 'n rustige wegbreek.
Dié woonstel op die tweede verdieping het slaapplek vir 2 gaste en beskik oor 1 slaapkamer met 'n koningingrootte-bed en 'n ruim badkamer met 'n stort, toilet, bad en 'n wasbak. Bykomende beddegoed, linne, badhanddoeke en badkamerbenodigdhede word voorsien.
Die oopplan-leefarea spog met 'n kombuis wat met 'n stoof, oond, lugbraaier, mikrogolfoond, yskas-vrieskas, eetgerei, breekware en tee- en koffiemaakgeriewe toegerus is. Daar is ook 'n wasmasjien. Die kombuis lei na 'n sitarea met gemaklike rusbanke en 'n slim-TV met Netflix, asook 'n balkon wat die perfekte ruimte bied om oggendkoffies of 'n pragtige sonsondergang te geniet. Gratis WiFi en veilige parkeerplek op die perseel is ingesluit.
Die woonstel is op 'n veilige landgoed, sentraal geleë, en binne maklike bereik van die Gautreinstasie. Dit is ook langs Modderfontein Natuurreservaat.
Kamer-opset
Slaapkamer
1 x Koningingrootte-bed
Badkamer
Stort, Bad, Toilet
Ontmoet jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel
4.2/5
Alimama Nuut op LekkeSlaap!
Eiendomme 100+
Resensies 9
Op LekkeSlaap 5 maande
Ligging
- New-weg 92, Carlswald, Midrand, 1684, Gauteng
- Kapasiteit: 2 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 15:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 11:00 - Adres: New-weg 92, Carlswald, Midrand, 1684, Gauteng