The Monkeyhide
- Kapasiteit: 4 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: R345, Hoofweg, Hogsback, 5721, Oos-Kaap
- Vanaf R650 per nag (plek vir 4)
Beskrywing
The Monkeyhide is 'n bekoorlike selfsorgkothuis in die rustige dorpie Hogsback in die Amathole-berge in die Oos-Kaap. Die kothuis het 'n privaat ingang en is op die eienaar se perseel. Dit is ideaal vir paartjies of klein gesinne.
Hierdie kothuis bied slaapplek aan 2 volwassenes en 2 kinders. Dit is oopplan en het 'n dubbelbed en 'n dubbelslaapbank vir kinders. Die en suite-badkamer het 'n stort.
Die oopplan-leefarea het sitplek en 'n kombuisie wat met 'n yskassie, gasstoof en tee- en koffiemaakgeriewe toegerus is. Daar is 'n pragtige tuin met braaigeriewe. Gaste kan heerlik in die tuin met eksotiese bome ontspan.
Gaste kan om die kaggel kuier en in die winter val daar soms sneeu. Samango-ape kan ook kom kuier en dié verblyf is die ideale wegbreek.
Kamer-opset
Slaapkamer
En suite
1 x Dubbelbed
1 x Kinderbank vir 2
Stort, Toilet
Dít is wat jy hier sal kry
Ligging
- R345, Hoofweg, Hogsback, 5721, Oos-Kaap
Sien meer verblyf in Hogsback Amathole-distrik Oos-Kaap
- Kapasiteit: 4 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: R345, Hoofweg, Hogsback, 5721, Oos-Kaap
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang