The Nelsbells Cottage
- Soos Gesien op Facebook
- Kapasiteit: 8 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Malherbestraat 138, Clarens, 9707, Vrystaat
- Vanaf R2 100 per nag (plek vir 8)
Beskrywing
The Nelsbells Cottage is stapafstand vanaf die hartjie van Clarens. Dit bied selfsorgverblyf in 'n rustieke, Victoriaanse huis.
Die hoofhuis bied slaapplek aan 6 gaste en beskik oor 3 slaapkamers op die boonste verdieping. Die eerste slaapkamer het 'n dubbelbed en lei na die balkon wat reg rondom die huis strek. Die tweede slaapkamer het 2 enkelbeddens en die derde slaapkamer het 'n koningingrootte-bed. Al die beddens het elektriese komberse. Daar is 2 badkamers in die hoofhuis. Die eerste een is onder en het 'n bad en 'n toilet, en die tweede een is bo en het 'n stort en 'n toilet.
Die oopplan-leefarea het 'n gemaklike sitarea met 'n kaggel vir koue winteraande en 'n knus leeshoekie wat na die stoep lei. Die kombuis is ten volle toegerus en sluit 'n ketel, yskas, gas- en elektriese stoof, mikrogolfoond, wasmasjien, skottelgoedwasser, tuimeldroër, eetgerei en breekware in. DStv Premium en 'n DVD-speler is beskikbaar. Daar is ook braaigeriewe en veilige parkeerplek op die perseel, en troeteldiere is welkom.
Gaste het ook toegang tot die tuinwoonstel. Dié woonstel het 'n koningingrootte-bed met slaapplek vir 2 volwassenes. Daar is koffie- en teemaakgeriewe en die badkamer het 'n stort en 'n toilet. Flitse word voorsien vir beurtkrag.
Clarens het as die Juweel van die Vrystaat begin bekend staan, en lok kunstenaars, fotograwe en natuurliefhebbers. Die dorpie is vir verskeie kunsvlyt- en handwerkwinkeltjies bekend en bied 'n wye reeks snuisterye en oorspronklike kunswerke. Die sandsteengeboue dra tot die atmosfeer van die dorpie by. Clarens is die ideale wegbreekplek vir stadsjapies uit Johannesburg, Bloemfontein en Durban, wat almal ongeveer 300 km ver is.
Kamer-opset
Slaapkamer
En suite
1 x Koningingrootte-bed
Stort, Toilet
Slaapkamer
1 x Dubbelbed
Slaapkamer
2 x Enkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer
1 x Koningingrootte-bed
Badkamer
Stort, Bad, Toilet
Badkamer
Stort, Toilet
Kenmerke
Geriewe
- Braaiplek
- Kombuisgeriewe
- Geen Rook Binnenshuis
- Troeteldiere indien gereël
- Satelliet-TV
- Selfsorg
Aktiwiteite Naby
- Perdry
- Kunsvlieghengel
- Visvang
- Forelhengel
- Baarshengel
- Voëlkyk
- Fietsry
- Bergfietsroetes
- Swem
- Tennis
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- Agter Elektriese Hek
Badkamer
- Bad
- Aparte toilet
- Stort
Eenheidgeriewe
- Elektriese kombers
- Kaggel
- Klein kombuis
Elektriese Toebehore
- Yskas
- Mikrogolfoond
- Oond
- Stoof
Vermaak
- Boeke en tydskrifte
- Dvd
- Eksklusiewe dstv
- Tv
Resensies
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.3/5
Veronica Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 83
Op LekkeSlaap 9 jaar
Ligging
- Malherbestraat 138, Clarens, 9707, Vrystaat
- Gaste dink The Nelsbells Cottage het ’n baie goeie ligging
Sien meer verblyf in Clarens Drakensberge Vrystaat
- Kapasiteit: 8 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Malherbestraat 138, Clarens, 9707, Vrystaat
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang