The Old Country House
- Kapasiteit: 8 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Theronstraat 22, Fouriesburg, 9725, Vrystaat
- Vanaf R2 250 per nag (plek vir 8)
Beskrywing
The Old Country House is 'n rustige selfsorghuis in die hartjie van Fouriesburg. Hier kan gaste die rustige atmosfeer van die Vrystaat geniet.
Die eenheid beskik oor 3 slaapkamers, elk met elektriese komberse. Die eerste slaapkamer het 'n koninggrootte-bed en die tweede slaapkamer het 'n koningingrootte-bed en 'n enkelbed. Beide slaapkamers het 'n en suite-badkamer met 'n stort en toilet. Die derde slaapkamer het 'n dubbelbed en 'n enkelslaapbank. Daar is nog 'n aparte badkamer met 'n stort, toilet en bad. Die kombuis is met 'n stoof, oond, yskas-vrieskas, mikrogolf en skottelgoedwasser toegerus. Daar is ook 'n houtstofie wat die huis in die winter lekker warm hou.
Die sitarea het gemaklike rusbanke, gratis WiFi en 'n TV met Netflix. Daar is ook 'n etenstafel met sitplek. Die sitarea lei na 'n buitebraai en vuurput waar gaste lekker kan kuier. Veilige parkeerplek is op die perseel beskikbaar.
Die lowerryke omgewing van Fouriesburg is in die prentjiemooi Brandwaterkom-area geleë. Dit is op die Lesotho-grens en word omring deur die Rooiberge, Witteberge en Malutibergreeks. Die omgewing bied talle aktiwiteite insluitend perdry.
Kamer-opset
Slaapkamer
En suite
1 x Koninggrootte-bed
Stort, Toilet
Slaapkamer
En suite
1 x Enkelbed / Driekwartbed
1 x Koningingrootte-bed
Stort, Toilet
Slaapkamer
1 x Dubbelbed
1 x Enkelslaapbank
Badkamer
Stort, Bad, Toilet
Kenmerke
Geriewe
- Braaiplek
- Kombuisgeriewe
- Geen Rook Binnenshuis
- Malaria-vrye streek
- Selfsorg
- Daaglikse Skoonmaakdiens
- Gratis WiFi
- WiFi
Aktiwiteite op perseel
- Voëlkyk
Aktiwiteite Naby
- Perdry
- Visvang
- Wynproe
- Fietsry
- Wildritte
- Wildkyk
- Begeleide Wandelpaaie
- Bergfietsroetes
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
- Zoeloe
- Xhosa
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- Parkering Van Die Straat Af
Betaalopsies op Perseel
- Elektroniese Fondsoorplasing
Badkamer
- Bad
- En-suite
- Aparte toilet
- Stort
Eenheidgeriewe
- Elektriese kombers
Elektriese Toebehore
- Yskas
- Mikrogolfoond
- Oond
- Stoof
Vermaak
- Tv
Resensies
Gaste se hoogtepunte
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.9/5
Nerine Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 5
Op LekkeSlaap 1 jaar
Ligging
- Theronstraat 22, Fouriesburg, 9725, Vrystaat
- Gaste dink The Old Country House het ’n uitstekende ligging
Sien meer verblyf in Fouriesburg Drakensberge Vrystaat
- Kapasiteit: 8 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Theronstraat 22, Fouriesburg, 9725, Vrystaat
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang