The Old Stone House @ Rivendell Trout Estate
- Kapasiteit: 6 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: R36, Rivendell Trout Estate, Finsbury-vallei, 1120, Mpumalanga
- Vanaf R4 400 per nag (plek vir 6)
Beskrywing
The Old Stone House @ Rivendell Trout Estate is 'n bekoorlike selfsorgkothuis naby ander eenhede op Rivendell. Dit is langs die perdestalle en is 300 m vanaf die rivier waar gaste kan visvang.
The Old Stone House bied slaapplek aan 6 gaste en beskik oor 3 slaapkamers en 2 badkamers. Die 3 slaapkamers het elk 2 enkelbeddens wat in 'n koninggrootte-bed omskep kan word. Een badkamer het 'n stort en die ander badkamer het 'n stort en 'n bad. Linne en handdoeke word voorsien.
Die kombuis is met 'n yskas-vrieskas, stoof, oond, mikrogolf, eetgerei, breekware en tee- en koffiemaakgeriewe toegerus. Die eetarea lei na die sitarea met rusbanke en 'n kaggel.
Die kothuis lei na 'n stoep met meubels. Die kothuis is op pad na die Krugerwildtuin geleë en is sentraal vir daguitstappies na Dullstroom, die Bourke's Luck-klokgate, die Sudwalagrotte en Pelgrimsrus geleë.
Die landgoed is deel van die Mount Anderson Water Opvanggebied. Dit is 'n groot bewarea van duisende hektaar met 'n rits wildspesies, insluitend koedoes, bosbokke, duikers, bosvarke en bobbejane, wat vrylik deur die reservaat beweeg. Gaste sien dikwels hierdie diere rustig wei terwyl hulle forelvang.
Kamer-opset
Slaapkamer
2 x Enkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer
2 x Enkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer
2 x Enkelbed / Driekwartbed
Badkamer
Stort, Bad, Toilet
Badkamer
Stort, Toilet
Dít is wat jy hier sal kry
Ontmoet jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel
4.8/5
Grant Geverifieer
Eiendomme 10
Resensies 83
Op LekkeSlaap 14 jaar
Ligging
- R36, Rivendell Trout Estate, Finsbury-vallei, 1120, Mpumalanga
- Kapasiteit: 6 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: R36, Rivendell Trout Estate, Finsbury-vallei, 1120, Mpumalanga