Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

The Olive and Vine Farm Cottage

  • Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 2 persone
  • Geen kinders
  • Inkloktyd: 15:00 tot 21:00
    Uitkloktyd: 11:00
  • Adres: Dirkie Uys-straat, La Terra de Luc Plaas, Franschhoek, 7690, Wes-Kaap
  • Vanaf R990 per nag (plek vir 2)

Beskrywing

The Olive and Vine Farm Cottage bied selfsorgverblyf op die La Terra de Luc-plaas in Franschhoek. Soos die name te kenne gee, skuil die kothuise tussen die olyfbome en wingerde.

The Olive and Vine-plaaskothuis het slaapplek vir 2 gaste. Die kothuis beskik oor 1 slaapkamer met 'n koningingrootte-bed. Die badkamer bestaan uit 'n instapstort, 'n toilet en 'n wasbak. Daar is ook 'n bad buite.

Die kothuis het 'n oopplan-kombuis, -eetarea en -leefarea. Die kombuis is met 'n mikrogolf, lugbraaier, gasstoofplaat en 'n yskas toegerus. Daar is ook 'n braai-area buite.

Gaste kan 'n uitsig oor die wingerd en op die berge rondom Franschhoek geniet van die kothuis af. Daar is 'n privaat ingang en 'n privaat buite-area waar gaste in die son of onder die sonsambreel met 'n glasie wyn in die hand kan ontspan.

Parkeerplek is beskikbaar onder ou eikebome. Daar is ook 'n riviertjie wat deur die plaas kronkel en jy sal 'n rustige ervaring onder die reuse-wilgerbome langs die rivier hê. Dit mag dalk 'n droë rivierbedding wees gedurende die somer, maar daar sal water loop gedurende die winterreënseisoen.

Dit is naby gewilde bakens soos die Franschhoek Monument, die Farm sanctuary, waar die bekende Pigcasso ons buurman is, wêreldbekende restaurante, die Franschhoek Wine Tram, Pearl Valley Gholfbaan, Jonkershoek Natuurreservaat, bekende wynplase en vele meer. Daar is baie lekker roetes vir fietsry en voetslaan.

Kamer-opset

Slaapplek vir 2 mense 1 Slaapkamer 2 Badkamers

Slaapkamer

2

1 x Koningingrootte-bed

Badkamer

Stort, Toilet

Badkamer

Stort, Toilet

Kenmerke

Afrikaans
Braaiplek
Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Selfsorg
  • Skoonmaakdiens Op Versoek
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite op perseel

  • Voëlkyk

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Voëlkyk
  • Wynproe
  • Fietsry
  • Bergfietsroetes

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Parkeerplek

  • Veilige Parkering

Betaalopsies op Perseel

  • Elektroniese Fondsoorplasing

Badkamer

  • Stort
  • Seep
  • Toiletware

Eenheidgeriewe

  • Eetkamer
  • Waaier
  • Klein kombuis
  • Sitkamer

Elektriese Toebehore

  • Yskas
  • Haardroër
  • Strykyster
  • Mikrogolfoond
  • Stoof

Vermaak

  • Boeke en tydskrifte

Resensies

4.9/ 5

Gebaseer op 136 resensies

Uitstekend

Netheid
4.9
Ligging
4.8
Waarde vir geld
4.8
Diens
4.9
Veiligheid
4.8
Gaste se hoogtepunte
Charlton N
Saam met lewensmaat
5.0
Dreamy escape filled with charm, cozy ambiance, perfect for romance and relaxation. The cottage itself is beautifully designed, offerin...
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Okt 2024
Tish T
5.0
Wat 'n knus en netjiese verblyf met 'n vriendelike ontvangs. Heerlike tyd gehad by Olive and Vine!
Okt 2024
Danie Van Tonder D
Saam met lewensmaat
5.0
Ons kuier daar was regtig baie rustig en mooi. Die eenheid was baie mooi. Ons het so lekker gebly! Sophia was fantasties en so gaaf en behulpsaam! Daa...
Sien meer
Okt 2024
Fiona M
5.0
Absoluut heerlik, gans te kort! , dit was heerlik, pragtig, netjies, rustig, divine!
Sep 2024
Dries B
Saam met lewensmaat
5.0
Dit was baie besonders! Dankie. Weens ons program was ons net in die aande tuis, waaroor ons spyt is. Sou baie graag die rustigheid van die omgewing m...
Sien meer
Sep 2024

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.9/5

Sophia Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 136

Op LekkeSlaap 7 jaar

Ligging

  • Dirkie Uys-straat, La Terra de Luc Plaas, Franschhoek, 7690, Wes-Kaap
  • Gaste dink The Olive and Vine Farm Cottage het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R 990
per nag (plek vir 2)
Vanaf
Vanaf R 990
per nag (plek vir 2)
Maak 'n Bespreking
  • Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 2 mense
  • Geen kinders
  • Inkloktyd: 15:00 tot 21:00
    Uitkloktyd: 11:00
  • Adres: Dirkie Uys-straat, La Terra de Luc Plaas, Franschhoek, 7690, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJDY4OGFiNWZlLThiMTktNDIyYi05ODRiLTc3ZGIwNjQ4ZTBkMA?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R990 per nag (plek vir 2) 136 5 1 5 Dirkie Uys Street La Terra de Luc Farm 7690 Wes-Kaap 021 201 8901 15:00-21:00 11:00 -33.89747017214 19.116147650818

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang