The Olive Cottage
Kry 25% af vir verblyf wat 30 nagte of langer is. Hierdie aanbod is altyd geldig.
- Gratis kansellasie tot 24 uur voor jou verblyf!
- Kapasiteit: 4 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Schoongelegenstraat 17, Heldervue, Somerset-Wes, 7130, Wes-Kaap
-
Vanaf
R1 410R1 058 per nag, vir 4 mense
Beskrywing
The Olive Cottage is 'n ruim selfsorgkothuis wat aaneengeskakel is met die hoofhuis, maar dit het 'n privaat ingang in 'n stil woonbuurt in Helderberg, Somerset-Wes. Die kothuis is onafhanklik van die plaaslike kragnetwerk. Die perseel is naby verskeie winkels en 'n gewilde konferensiesentrum by The Lord Charles Hotel. Die strand is 15 minute se ry ver en die verblyf bied maklike toegang tot die R44 na Stellenbosch of die Strand, en die N2 na Kaapstad of Elgin.
Die kothuis bied slaapplek aan 4 gaste en het 1 slaapkamer, 1 badkamer en 'n oopplan-kombuis, -eetarea en -sitarea. Die ruim slaapkamer het 'n koningingrootte-bed en en suite-badkamer met 'n stort, toilet en wasbak. 'n Dubbelslaapbank is ook beskikbaar.
Die kombuis is goed toegerus vir selfsorg met 'n gasstoof, oond, yskas, skottelgoedwasser, wasmasjien, Nespresso-masjien, dompelkoffiepot en melkskuimer en mikrogolf.. 'n Bietjie koffie, tee, melk, sout peper en olie word met aankoms voorsien. Die eetkamertafel het sitplek vir 4. Die sitarea het gemaklike sitplek, 'n slaapbank en TV. Netflix en DVD's kan via 'n HDMI-kabel gespeel word wat beskikbaar is op versoek. Die gaste-suite het toegang tot onbeperkte WiFi. 'n Haardroër, strykyster, strykplank en ophangrak vir klere word voorsien.
Daar is 'n klein buite-area wat gedeeltelik omhein is, met 'n piekniekbankie, sambreel en ketelbraaigeriewe. Houtskool en vuuraanstekers word voorsien. Daar is 'n aangewese parkeerplek op die perseel.
Die huis is gedeeltelik onafhanklik van eskom se krag, wat toelaat dat die ligte aanbly gedurende beurtkrag. Die drinkwater is veilig en is deur 'n tru-osmose filter behandel.
Alhoewel die area veilig is, het die vensters steeds veiligheidsluike. Die perseel het laserstraalsekuriteit in die aand en daar is goed gemanierde honde op die perseel wat ook as sekuriteit dien.
Kamer-opset
Slaapkamer
En suite
1 x Koningingrootte-bed
Stort, Toilet
Leefarea
1 x Dubbelslaapbank
Kenmerke
Geriewe
- ADSL-lyn
- Lughawe-pendeldiens Op Versoek
- Braaiplek
- Kombuisgeriewe
- Geen Rook Binnenshuis
- Malaria-vrye streek
- Selfsorg
- Gratis WiFi
- WiFi
Aktiwiteite Naby
- Wynproe
- Fietsry
- Bergfietsroetes
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Maaltye Aangebied
- Aandete Op Versoek
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- Agter Elektriese Hek
- Parkering Van Die Straat Af
Betaalopsies op Perseel
- Visa
- Mastercard
- Kontant
- Elektroniese Fondsoorplasing
Badkamer
- En-suite
- Stort
- Seep
Eenheidgeriewe
- Eetkamer
- Sitkamer
Elektriese Toebehore
- Yskas
- Haardroër
- Strykyster
- Mikrogolfoond
- Oond
- Stoof
Vermaak
- Tv
Resensies
Gaste se hoogtepunte
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.8/5
Charlotte Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 18
Op LekkeSlaap 4 jaar
Ligging
- Schoongelegenstraat 17, Heldervue, Somerset-Wes, 7130, Wes-Kaap
- Gaste dink The Olive Cottage het ’n uitstekende ligging
Sien meer verblyf in Heldervue Somerset-Wes Kaapstad Wes-Kaap
- Gratis kansellasie tot 24 uur voor jou verblyf!
- Kapasiteit: 4 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Schoongelegenstraat 17, Heldervue, Somerset-Wes, 7130, Wes-Kaap
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang