The Open Door
- Kapasiteit: 12 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Merryhill-rylaan 97, Kenton-on-Sea, 6191, Oos-Kaap
- Vanaf R3 000 per nag (plek vir 12)
Beskrywing
The Open Door is 'n bekoorlike vakansiehuis wat gerieflike verblyf bied in Kenton-on-Sea, 'n klein kusdorpie aan die Sonskynkus. Die huis bied 'n uitsig oor die Boesmansrivier en is die perfekte toevlugsoord vir 'n groot gesin of groep vriende.
Die ruim huis strek oor 2 verdiepings en bied slaapplek aan 12 gaste en beskik oor 5 slaapkamers en 2 badkamers. Die hoofslaapkamer is op die boonste verdieping en bied 'n lieflike uitsig, oorgenoeg kasspasie, en toegang tot die balkon. Daar is 'n koningingrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n stort. Die tweede slaapkamer is ook op die boonste verdieping en het 'n dubbelbed en 'n en suite-badkamer met 'n stort. 'n Werkspasie en 'n gastetoilet is op hierdie verdieping beskikbaar.
Op die onderste verdieping is 2 slaapkamers met 2 enkelbeddens en 'n dubbelbed, onderskeidelik. Die vyfde slaapkamer is 'n oopplan-area met 2 enkelbeddens, asook 'n stapelbed, 'n pooltafel, tafeltennis, en kinderspeelgoed en -speletjies.
Die kombuis is met 'n yskas-vrieskas, stoof, oond en mikrogolf toegerus. Daar is ook 'n toonbank met stoeltjies. Ekstra geriewe sluit gratis WiFi, 'n TV, en 'n goed toegeruste waskamer met 'n tweede yskas in. 'n Binnehof en 'n wasgoedlyn kan langs die huis gevind word.
Die perseel het 4 watertenke wat aan die huis gekoppel kan word en daar is ook 'n omsetter wat die WiFi in die geval van beurtkrag laat aanbly.
Gaste kan 'n aantal aktiwiteite in die area geniet, insluitend snorkel, swem by Blouvlagstrande en kanovaart. Plaaslike restaurante en deli's bied gehaltekos-opsies, en die dorp het baie oulike handwerkwinkels.
Kamer-opset
Slaapkamer
En suite
1 x Koningingrootte-bed
Stort-oor-bad, Bad, Toilet
Slaapkamer
En suite
1 x Dubbelbed
Stort-oor-bad, Bad, Toilet
Slaapkamer
2 x Enkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer
1 x Dubbelbed
Slaapkamer
2 x Enkelbed / Driekwartbed
1 x Stapelbed
Badkamer
Toilet
Badkamer
Stort-oor-bad, Bad
Kenmerke
Geriewe
- Braaiplek
- Speletjieskamer
- Kombuisgeriewe
- Troeteldiere indien gereël
- Daaglikse Skoonmaakdiens
- Gratis WiFi
- WiFi
Aktiwiteite Naby
- Perdry
- Visvang
- Groot 5
- Voëlkyk
- Wynproe
- Fietsry
- Wildritte
- Wildkyk
- Begeleide Wandelpaaie
- Bergfietsroetes
- Swem
- Tennis
Hier praat ons
- Engels
Konferensiegeriewe
- Kantoorgeriewe
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- Parkering Van Die Straat Af
Badkamer
- Bad
- En-suite
- Aparte toilet
- Stort
- Seep
Eenheidgeriewe
- Waaier
- Kluis
Elektriese Toebehore
- Yskas
- Haardroër
- Strykyster
- Mikrogolfoond
- Oond
- Stoof
Vermaak
- Tv
Resensies
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.1/5
Bonnie Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 4
Op LekkeSlaap 2 jaar
Ligging
- Merryhill-rylaan 97, Kenton-on-Sea, 6191, Oos-Kaap
- Gaste dink The Open Door het ’n goeie ligging
Sien meer verblyf in Kenton-on-Sea Sarah Baartman-distrik Oos-Kaap
- Kapasiteit: 12 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Merryhill-rylaan 97, Kenton-on-Sea, 6191, Oos-Kaap
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang