Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

The Owl House

  • Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 6 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 15:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Meeurots-singel 5, Kersbosstrand, Dwarskersbos, 7365, Wes-Kaap
  • Vanaf R2 250 per nag, vir 6 mense

Beskrywing

The Owl House is 'n gerieflik gemeubileerde selfsorghuis in Kersbosstrand, Dwarskersbos. Dié vakansiehuis is 200 meter van die strand af.

Die huis is toegerus met 'n omskakelaar en batterystelsel wat krag verskaf aan al die dakligte, TV, WiFi en yskas. Daar is 'n gasstoof. Beurtkrag het 'n minimum impak op gaste.

Dié bekoorlike vakansiehuis bied slaapplek aan tot 6 persone en bestaan uit 3 slaapkamers en 2 badkamers. Die hoofslaapkamer is ingerig met 'n koningingrootte-bed en beskik oor 'n en suite-badkamer met 'n stort. Die tweede slaapkamer het ook 'n koningingrootte-bed en die derde slaapkamer het 2 enkelbeddens. Die tweede en derde slaapkamers deel die tweede badkamer, toegerus met 'n stort en 'n bad; beide badkamers het verwarmers geïnstalleer, en daar is elektriese komberse op al die beddens in die winter. Beddegoed en badhanddoeke word voorsien.

Die goed toegeruste kombuis het 'n yskas-vrieskas, 'n mikrogolfoond, 'n 4-plaat gasstoof met 'n elektriese oond, asook 'n filterkoffiemasjien, 'n ketel en 'n broodrooster. In die aparte opwaskamer is daar 'n wasmasjien en 'n skottelgoedwasser, eetgerei, breekware, potte en panne, 'n strykyster en 'n strykplank. T-handdoeke, opwaslappies en opwasmiddel word voorsien.

Die oopplan-leefarea bied 'n 6-sitplek-eetkamertafel, banke om op te ontspan, 'n TV met sekere DStv-kanale, en 'n groot houtkaggel wat die huis knus en warm sal hou in die winter. Die leefarea lei na die braaikamer, wat 'n ingeboude braai-area, 'n 6-sitplek tafel en stoele het; 'n braairooster, braairak en braaigereedskap word voorsien.

Parkeerplek van die straat af is beskikbaar vir 2 voertuie, agter die huis.

In Dwarskersbos is daar 2 kafees wat kos verkoop en 'n bottelstoor. Daar is 2 restaurante, The See-Kaia en Deli on Main, 'n haarkapper, 'n binneversieringswinkel en 'n wassery. Daar is 'n groot supermark in Laaiplek, en 'n winkelsentrum in Vredenburg. Daar is 4x4-roetes in die omgewing, asook baie grondpaaie vir bergfietsryers.

Kamer-opset

Kapasiteit: 6 Aantal kamers: 3 Aantal badkamers: 2
Slaapkamer 1
Plek vir 2 mense
1 xKoningingrootte-bed
Slaapkamer 2
Plek vir 2 mense
1 xKoningingrootte-bed
Slaapkamer 3
Plek vir 2 mense
2 xEnkelbed / Driekwartbed
Badkamer 1
En-suite  - Slaapkamer 1
Stort, Toilet
Badkamer 2

Stort, Bad, Toilet

Kenmerke

Afrikaans
Braaiplek
Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite op perseel

  • Visvang
  • Voëlkyk
  • Fietsry

Aktiwiteite Naby

  • Visvang
  • Voëlkyk
  • Wynproe
  • Fietsry
  • Bergfietsroetes
  • Swem

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Onderdakparkering
  • Parkering Van Die Straat Af

Betaalopsies op Perseel

  • Elektroniese Fondsoorplasing

Badkamer

  • Bad
  • En-suite
  • Stort

Eenheidgeriewe

  • Elektriese kombers

Elektriese Toebehore

  • Yskas
  • Haardroër
  • Strykyster
  • Mikrogolfoond
  • Oond
  • Stoof

Vermaak

  • Eksklusiewe dstv
  • Tv

Opsomming van Resensie

5 uit 5van 15 resensies vir The Owl House
Netheid
5.0/5
Diens
5.0/5
Ligging
5.0/5
Veiligheid
4.9/5
Waarde vir geld
5.0/5

Ontmoet jou gasheer

Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel

4.9/5

Sallie Geverifieer

Eiendomme 2

Resensies 41

Op LekkeSlaap 5 jaar

Ligging

  • Meeurots-singel 5, Kersbosstrand, Dwarskersbos, 7365, Wes-Kaap
  • Gaste dink The Owl House het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R2 250
per nag, vir 6 mense
Vanaf
Vanaf R2 250
per nag, vir 6 mense
Maak 'n Bespreking
  • Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 6 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 15:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Meeurots-singel 5, Kersbosstrand, Dwarskersbos, 7365, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA6ecca86a40cfb427dcd728fb51b5c378f9d46e5d4bf60392f828f3803c36315993ab8148c441dc24320d15cc3e52c2fda497?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R2 250 per nag, vir 6 mense 15 5 1 5 5 Meeurots Close Kersbosstrand 7365 Wes-Kaap 021 201 8901 15:00-19:00 10:00 -32.680867119148 18.24667414626

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang