Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

The Owl House

  • Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 6 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 15:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Meeurots-singel 5, Kersbosstrand, Dwarskersbos, 7365, Wes-Kaap
  • Vanaf R2 250 per nag, vir 6 mense

Beskrywing

The Owl House is 'n selfsorg-vakansiehuis in Kersbosstrand in Dwarskersbos, 200 m van die strand af.

Die huis het 'n omsetter en batterystelsel wat krag aan al die dakligte, die TV, WiFi en yskas voorsien. Daar is ook 'n gasstoof. Beurtkrag oefen dus 'n minimale impak op gaste uit.

Die bekoorlike huis bied verblyf aan 6 gaste en beskik oor 3 slaapkamers en 2 badkamers. Die hoofslaapkamer het 'n koningingrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n stort. Die tweede slaapkamer het 'n koningingrootte-bed en die derde slaapkamer het 2 enkelbeddens. Die tweede en derde slaapkamer deel 'n badkamer wat 'n stort en 'n bad het. Beide slaapkamers het verwarmers en daar is elektriese komberse op die beddens in die winter. Linne en badhanddoeke word voorsien.

Die kombuis is goed toegerus met 'n yskas-vrieskas, mikrogolfoond, vierplaatstoof, elektriese oond, filterkoffiemasjien, ketel en broodrooster. In die waskamer is daar 'n wasmasjien, skottelgoedwasser, eetgerei, breekware, potte, panne, 'n strykyster en 'n strykplank. Vadoeke, opwaslappe en skottelgoedseep word voorsien.

In die oopplan-leefarea is daar 'n etenstafel vir 6, rusbanke, 'n TV met sekere DStv-kanale, en 'n groot smeulstoof. Die leefarea lei na 'n braaikamer met 'n ingeboude braai en 'n tafel vir 6. 'n Braairooster, -rak en -toerusting word voorsien.

Motorhuisparkeerplek vir 2 voertuie is op die perseel agter die huis beskikbaar.

Daar is 2 kafees in Dwarskersbos wat kos verkoop, 'n drankwinkel, 2 restaurante, See-Kaia en Deli on Main, 'n haarkapper, binnenshuise-dekorwinkel en 'n wassery. Laaiplek bied 'n groot supermark en Vredenburg 'n inkopiesentrum. 4x4-roetes en baie grondpaaie vir bergfietsry is ook die omgewing beskikbaar.

Kamer-opset

Kapasiteit: 6 Aantal kamers: 3 Aantal badkamers: 2
Slaapkamer 1
Plek vir 2 mense
1 xKoningingrootte-bed
Slaapkamer 2
Plek vir 2 mense
1 xKoningingrootte-bed
Slaapkamer 3
Plek vir 2 mense
2 xEnkelbed / Driekwartbed
Badkamer 1
En-suite  - Slaapkamer 1
Stort, Toilet
Badkamer 2

Stort, Bad, Toilet

Kenmerke

Afrikaans
Braaiplek
Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite op perseel

  • Visvang
  • Voëlkyk
  • Fietsry

Aktiwiteite Naby

  • Visvang
  • Voëlkyk
  • Wynproe
  • Fietsry
  • Bergfietsroetes
  • Swem

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Onderdakparkering
  • Parkering Van Die Straat Af

Betaalopsies op Perseel

  • Elektroniese Fondsoorplasing

Badkamer

  • Bad
  • En-suite
  • Stort

Eenheidgeriewe

  • Elektriese kombers

Elektriese Toebehore

  • Yskas
  • Haardroër
  • Strykyster
  • Mikrogolfoond
  • Oond
  • Stoof

Vermaak

  • Eksklusiewe dstv
  • Tv

Resensies

5/ 5

Gebaseer op 15 resensies

Ongelooflik

Netheid
5.0
Ligging
5.0
Waarde vir geld
5.0
Diens
5.0
Veiligheid
4.9
Wat gaste dink
Karissa S
Saam met vriende
5.0
Excellent, wholesome, cosy, reenergising! Our stay at the Owl House was amazing - a home away from home. We enjoyed our time immensely ...
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Aug 2024
Eugene M
Saam met lewensmaat
5.0
Uitstekend. Daar is geen ander woord as brilliant nie!
Jul 2024
Marnette L
5.0
Perfek, puik en uitmuntende verblyf. Nigel was 'n ongelooflik vriendelike gasheer. Die huis is puik ingerig, niks was te kort nie. Pragtig netjies en ...
Sien meer
Apr 2024
Shirley D
Saam met vriende
5.0
Awesome! Very pleasant, peaceful stay in a clean, spacious house which was well-equipped.
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Mrt 2024
Cheryl F
Saam met vriende
5.0
Amazing. Great house. Close to the beach. The host is great.
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Jan 2024

Ontmoet jou gasheer

Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel

4.9/5

Sallie Geverifieer

Eiendomme 2

Resensies 41

Op LekkeSlaap 5 jaar

Ligging

  • Meeurots-singel 5, Kersbosstrand, Dwarskersbos, 7365, Wes-Kaap
  • Gaste dink The Owl House het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R2 250
per nag, vir 6 mense
Vanaf
Vanaf R2 250
per nag, vir 6 mense
Maak 'n Bespreking
  • Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 6 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 15:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Meeurots-singel 5, Kersbosstrand, Dwarskersbos, 7365, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA6ecca86a40cfb427dcd728fb51b5c378f9d46e5d4bf60392f828f3803c36315993ab8148c441dc24320d15cc3e52c2fda497?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R2 250 per nag, vir 6 mense 15 5 1 5 5 Meeurots Close Kersbosstrand 7365 Wes-Kaap 021 201 8901 15:00-19:00 10:00 -32.680867119148 18.24667414626

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang