Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

The Place

Selfsorg
  • Kapasiteit: 4 persone
  • Geen kinders onder 10
  • Inkloktyd: 15:00 tot 18:00
    Uitkloktyd: 09:00
  • Adres: Thys Olivier-straat 40, Dwarswegstrand, Groot-Brakriver, 652, Wes-Kaap
  • Vanaf R3 120 per nag (plek vir 4)

Beskrywing

The Place is 'n lieflike 2-slaapkamer tuinwoonstel in Glentana, gerieflik gemeubileer vir 'n groep van tot 4 mense. Hier kan gaste saans die geluide van die see geniet, en die dolfyne vroegoggend in die see sien speel. Gedurende die migrasieseisoen kan walvisse ook opgemerk word.

Die eenheid is op die grondvloer van 'n dubbelverdiepinghuis geleë en beskik oor 2 slaapkamers met slaapplek vir tot 4 gaste op 'n slag. Die hoofslaapkamer het 'n dubbelbed met 'n see-uitsig en die tweede kamer het 2 enkelbeddens.

Die kombuis is volledig toegerus vir selfsorg met 'n stoof en mikrogolfoond. Daar is 'n braai-area aan die agterkant van die huis weg van die wind.

Die leefarea het 'n TV en sekere DStv-kanale. Die sitkamer en hoofslaapkamer het tuinuitsigte met die see in die agtergrond.

Grootbrak se riviermonding is 'n gewilde visvang- en swemarea. The Place is net 150 meter se stap van die see af. Daar is verskeie besienswaardighede en doendinge in die omgewing soos visvang vanaf die strand of diepseehengel vanaf Mosselbaai, staproetes in die berge, vaar in Wildernis, Die Kango-grotte in Oudtshoorn, 'n aarbeiplaas net voor George en meer.

Grootbrakrivier is sentraal geleë tussen Mosselbaai se hawe, Hartenbos, met die ATKV, en George. George Lughawe is ongeveer 'n kort entjie se ry vanaf die woonstel. Pendeldiens na en van die lughawe kan teen ekstra koste voorsien word.

Troeteldiere word nie toegelaat nie aangesien daar reeds groot honde op die perseel is vir sekuriteit.

Kamer-opset

Slaapplek vir 4 mense 2 Slaapkamers 2 Badkamers

Slaapkamer

2

2 x Enkelbed / Driekwartbed

Slaapkamer

2

1 x Dubbelbed

Badkamer

Stort, Toilet

Badkamer

Bad, Toilet

Kenmerke

Afrikaans
Braaiplek

Geriewe

  • Lughawe-pendeldiens Op Versoek
  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg
  • Skoonmaakdiens Op Versoek

Aktiwiteite Naby

  • Visvang
  • Voëlkyk
  • Wynproe
  • Fietsry
  • Wildritte
  • Wildkyk
  • Swem

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Parkeerplek

  • Parkering Van Die Straat Af

Betaalopsies op Perseel

  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Meer oor dié eenheid

  • Nie rook
  • Privaat ingang

Dienste

  • Diens op aanvraag

Badkamer

  • Bad
  • Stort

Elektriese Toebehore

  • Yskas
  • Mikrogolfoond
  • Oond
  • Stoof

Ekstras

  • Tee en koffie skinkbord

Resensies

4.6/ 5

Gebaseer op 3 resensies

Uitstekend

Netheid
5.0
Ligging
4.3
Waarde vir geld
4.0
Diens
4.7
Veiligheid
5.0

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.6/5

Lynette Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 3

Op LekkeSlaap 6 jaar

Ligging

  • Thys Olivier-straat 40, Dwarswegstrand, Groot-Brakriver, 652, Wes-Kaap
  • Gaste dink The Place het ’n baie goeie ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R3 120
per nag (plek vir 4)
Vanaf
Vanaf R3 120
per nag (plek vir 4)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 4 mense
  • Geen kinders onder 10
  • Inkloktyd: 15:00 tot 18:00
    Uitkloktyd: 09:00
  • Adres: Thys Olivier-straat 40, Dwarswegstrand, Groot-Brakriver, 652, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAkdvwtV9vDjX17bRCPCREXAQu1FXauEXX5ILF5c9itAcsNBe1fy?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R3 120 per nag (plek vir 4) 3 5 1 5 40 Thys Olivier Street Dwarswegstrand 652 Wes-Kaap 021 201 8901 15:00-18:00 09:00 -34.049687764874 22.26900694353

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang